{ARGIEF}

Verslag aan Kerkraad van besoek aan Nederland November 2008

Hierdie studieprojek is gereel deur Stichting Zebra,  n aktiwiteit van Communitas van die Teologiese Fakulteit van Universiteit Stellenbosch in samewerking met die Protestantse Kerken van Nederland.   Die doel daarvan is om predikante bloot te stel aan verskillende kontekste en om dan saam te konfereer oor teologiese en kerklike aangeleenthede.  Insigte uit die verskillende kontekste word in gesamentlike vergaderings bespreek en uit verskillende hoeke belig met die oog om te kyk wat Suid-Afrika en Nederland wedersyds van mekaar kan leer.  Predikante van Nederland het Suid-Afrika vroeer vanjaar besoek, en so was ds Erna Treurtniet o.a. in Cloetesville.

Die eerste helfte van die besoek het bestaan daaruit om verskillende gemeentes, kerkgenootskappe en kerklike projekte te besoek ten einde n beeld te vorm van die kerklike lewe in Nederland.  In hierdie verband was ek by die volgende:

A. Die kapel van die Protestantse Kerk in Roobolstraat in die Geusewyk van Utrecht.
Dit is n uitreiksentrum waar alle mense van die omgewing welkom is om te kom aanbid, ontspan en verskillende aktiwiteite by te woon, bv byeenkomste vir bejaardes, moeders, en persone met maatskaplike behoeftes.  Die kapel kan gehuur word vir funksies, verjaarsdae, opleiding en gesellighede. Dit is gelee in die onderste verdieping van n woonhuis wat omskep is.

B. Het Nieuwe Kerk van Utrecht.  N Gemeente met n sterk klem op gesinsbediening en ongeveer 400 lidmate.  Wat my getref het is die volgende:
a. hulle het  ouderlinge vir verskillende bedienings, bv n “huweliksouderling” wat spesiaal daarvoor opgelei is, n “jeugouderling”,  “kinderouderling” ensomeer.
b. Die “Ken jou Gawes” kursus word met vrug gebruik.
c. Daar bestaan verskillende “Dienskringe” in die gemeente, bv vir maatskaplik, sending, ensomeer.
d. Hulle het “huiskringe” waar lidmate in huise byeenkom vir gebed, Bybelstudie en kuier.
e. Hulle gebruik die Alfa-kursus vir geestelike toerusting van lidmate
f. Hulle hou 4 keer per jaar gemeente-etes.

C. Die Katharynestraat Inloopcentrum. 
Dit is n dagskuiling (in teenstelling tot n nagskuiling). Daklose mans (daar is ander plekke vir vrouens), kan die dag daar deurbring, kuier, speletjies speel, koffie drink, n ete koop vir ongeveer R5, badkamers en toilette gebruik en hulle klere laat was. (Snags is daar ook n nagskuiling op n ander plek waar hulle die nag kan slaap).  Die Inloopcentrum word gesubsidieer deur die Staat en bedien deur o.a. maatskaplike werkers,  mediese personeel en n leraar wat spesialiseer in “straatpastoraat”.

D. De Wijkplaats Voedingskema.
 Dit is n klein kerksentrum in n armer buurt van Utrecht wat Sondae die ruimte omskep in n aanbiddingsentrum, maar deur die week as n voedingspunt en maatskaplike sentrum.  Dit is gerieflik ingerig met stoele en tafels, en behoeftige mense kan deur die dag daar kom aansit vir n ete teen n geringe fooi en kuier. Tweedehandse klere word verkoop. Programme word deur vrywilligers aangebied soos n Vroueaksiegroep met die leuse “Gezond en Gezellig” vir gimtrim, kulturele dans en dieet;  “Maal en Verhaal” maandeliks vir nuwe mense interkultureel ontmoet;  “Kledingverkoop”,  “Voedselbank”,  “Avondgebed”  en “Wandeltogte” deur die buurt met die oog op gesondheid.  Dit word deur die staat gesubsidieer en deur vrywilligers sowel as voltydse personeel bedryf.

E. Die Utrecht Domkerk, die “moederkerk” van die stad.
Daar kon ek bywoon n “Vesperdiens”, n Saterdagaand Aanbiddingsdiens van koorsang, geestelike dans, musiek en simboliese deelname byvoorbeeld met kerse.  Hierdie dienste word al eeue lank gehou.

F. Die Utrechse Katolieke St Jans Kerk. Dit is kerk wat n “halfweg-gemeente” is tussen Protestants en Katoliek. Wat my hier getref is die volgende:
a. Die koor wat “deel” is van die gemeente, waar die koorleier ook die gemeente voorgaan het met dirigeer;
b. Gelukwensings, bv verjaarsdae, waar mense na vore geroep is en n kaartjie oorhandig is;
c. Baie plante in die kerk wat atmosfeer skep
d. Skilderye van die kruisweg van Jesus.
e. Memoriam kruisies in voorportaal
f. Die gemeente wat saam koffie drink na elke diens.
g. Min kinders in die kerk.

 

Die tweede helfte van die besoek het bestaan uit n weeklange kursus in Fasiliterende Leierskap, aangebied deur dr F. Marais in die Hydepark Teologiese Centrum van die stad Doorn, n uur se ry uit Utrecht.  Hier het ons 5 Suid-Afrikaners saam met 13 predikante van Nederland samesprekings gevoer oor die kerklike toneel in die onderskeie lande, en in besonder gevallestudies behandel van gemeentelike probleme. Dit het aan die lig gekom dat konflik n probleem is in alle gemeentes, hoewel vir verskillende redes. Nederland worstel met die probleem van krimpende kerke en dit lei tot konflik rondom samesmelting van gemeentes en die verlies van eiendom. Die SA toneel is weer gekenmerk deur groeiende gemeentes met te min mannekrag, multikulturaliteit en armoede.

Temas soos die volgende is gedurende die kursus behandel:

• Verskillende brille waardeur die werklikheid bekyk word: Liniêre en nie-liniêre denke, aanpassende verandering
• Relasionele Polariteite
• Vasgelopendheid – redes en wyses om verder te ontwikkel
• Die emotief-kognitiewe kurwes
• Kragveldanalise – Ondersteunend teenoor weerstand in verhouding tot homeostase
• Prosesdenke en sisteemdenke
• Ontluikingsmodel van energienavolging
• Wandel deur die Woord benaderings: Heilige Teks,  Lectio Devina

Deur n metode van storiemuur, klein werksgroepe,  persoonlike studie, tweegesprekke en grootgroepterugvoer is gevallestudies deurgewerk.  Daar was tyd vir gebed en geestelike samesyn, sowel as kapeldienste twee keer per dag elke dag.

Al bogenoemde ervaring kan toegepas word in ons gemeente en dit is moontlik om aspekte van dieselfde kursus vir ons kerkraad en gemeenteleiers aan te bied.

Dankie vir die geleentheid om ons gemeente daar ver te gaan verteenwoordig.  Ek vertrou dat sal bydra tot die uitbreiding van die Here se koninkryk ook hier in ons midde.

Ds Coetsee    9 Des. 2008