{ARGIEF}

Poverty handeOns almal weet dat grootskaalse armoede, menslik gesproke, waarskynlik die mees plofbare probleem in Suid-Afrika is.Terwyl dit so is dat baie kerke iets hieraan probeer doen, is die vraag of ons nie veel meer kan doen nie.
Ons is van mening dat hierdie ook `n saak is wat ons kerke (NG en VG) ten beste saam kan aanpak. Ons glo dat daarin ook `n getuienis sal wees. Daarom nooi die Bediening vir Armoede en Sorg graag alle barmhartigheidsverteenwoordigers, predikante, ringsverteenwoordigers van Armoede & Sorg en gemeentelede na hul Konferensie: Armoede en die Uitdaging vir die Kerk en sy Gemeentes.

Plek: NG Kerk Helderberg
Datum: 21 Augustus 2013
Tyd: 08:30 – 17:00

Vir meer inligting kontak Dr Braam Hanekom (Direkteur : Armoede & Sorg), 021-9577202 

 Leraars verdien VBO punte
 Gemeentes kry perspektief op die groter prentjie van armoede en die uitdagings
 Praktiese hulp word aangebied
 Geleentheid tot die bou van netwerke en vennootskappe
 Ringsverteenwoordigers neem asseblief kennis dat die Algemene Jaarvergadering van A&S die 22ste Augustus 2013 in die Marturia Sentrum se saal sal plaasvind

Koste: R100pp (sluit etes en materiaal in)

Kliek hier vir die inskrywingsvorm:
A&S Konferensie Inskrywingsvorm Afrikaans