{ARGIEF}

Opening van 2e dag by Verantwoordelike Vernuwing
Oorhoofse tema: ’n Kerk met ’n volgende geslag
27 Augustus 2008
Johan Botha

Tema: Fundamentele oriëntasie vir die volgende generasie

Wat kan ons vandag sê en doen wat vir môre se geslag nog betekenis sal hê?
Wat het ons generasie om vir more se generasie te sê, aan te gee, voor te stel?
As ek en jy net een keer kan praat, net een keer kan beklemtoon? Wat sal dit wees?

Dis 1952/3. Ek is 2 en ’n half jaar oud; presies so oud soos my kleindogter vandag is.
Die Sending Konferensie van die kerk wêreldwyd vind plaas te Willingen, in Duitsland, vir die 1ste maal sedert die WRK tot stand gekom het in 1948.
Europa is steeds grootliks  in puin  na WO 2 in 1945 geëindig het.
In 1910 was daar baie groot optimisme by die Sendingkonferensie in Edinburgh Skotland en hulle was oortuig “die evangelisasie van die wêreld in dié generasie was haalbaar.
Nou egter is dit 2 wêreldoorloë later.
Die ganse wêreldgemeenskap is diep geskok, verskrik.
Hulle lewens en wêreldbeskouing is aan flarde.
Waar  is daar troos?
Waar is daar hoop?
Waar is daar uitsig?
Wat het ons vir nou en vir môre te sê?
Hoe kan ons weer getrou word en wees?
Wat het ons om nou te getuig?
Waaraan (aan wat, aan Wie) kan en moet ons mense vandag en môre fundamenteel orienteer?, was by Willingen die eintlike  vraag.

Dis vandag weer dié wesenlike vraag!
By Willengen kies die konferensie toe Hebreërs 3:1 as Bybelstudie teks. Hulle het ver gaan haal en nagedink oor die gedagtes van ou geloofsvaders soos Clemens, Romans, Ignatius en Polikarpus oor hierdie teks.  As 33 jarige ontdek ek dié teks en die teologiese nadenke daaroor in 1983 terwyl ek deur prof Johannes Verkuyl se handboek oor Evangelistiek lees met die oog op voorbereiding vir ’n Getuienisaksie naweek te Swellendam by die NGSK, waarna verteenwoordigers van die dorp se gemeentes ook genooi was.

Ek ontdek die betekenis van hierdie ryk teks daardie naweek vir die eerste maal en ek dink sedertdien gereeld weer daaroor na. Die teks beklemtoon…

(a)    die ‘ons’, die familie, broers/susters wat vir die Here afgesonder is.
    Afgesonder (Heilig ni 1953 vertaling) beteken “in die wêreld maar anders” (só afgesonder); anders maar uitstaande/ sigbaar / skitterend.
Nie individualisties elkeen op ons eie nie; nie ter wille van ons eie self nie; nie om elkeen op ons eie naeltjie te konsentreer nie.
Máár saam – geel, pienk, blou, swart, wit, rooi, bruin almal saam, uitgekies uit die ganse menslike geslag (HK & Belhar).

(b)    die noodsaak om met insig te kyk na Jesus
    Hou Hom voor oë; Kyk na Hom met insig; Fokus op Jesus.
    Hy is die inhoud van die geloof wat ons bely.
    So bely ons belydenissskrifte ook:
    Bv. die HK 1 “ My enigste troos in lewe en in sterwe, is Jesus…
    Bv. die Belydenis van Belhar se slotwoorde: Jesus is die Heer.
Hy, Jesus, is die inhoud van ons geloofsbelydenis, van ons daaglikse Christelike lewe!

(c)    Hy is Apostel, verteenwoordiger van God by ons! Ambassadeur – God met ons     (Immanuel)  “aan my is gegee alle mag in hemel en op aarde!”

    Hy is Hoëpriester – verteenwoordiger van ons almal by God.
    (Nou, terwyl ons hier saam is, Hebr 7:25)!
    Daars’s ‘n mens in die hemel by God wat vir ons intree.
    Die Latyn vir hoëpriester is “pontifex”, wat brugbouer beteken.

    So is Jesus tegelyktydig “God by die mens en die mens by God’
    En dit beteken kruis; dit beteken tussen-in-staan; die Middelaar
    Dis ons Here se hemelse roeping. En daarvoor loof ons Hom!
Hy bring tegelykertyd die waarheid (geregtigheid) as God se bedoeling, wil én die liefdevolle omgee vir ons (ontferming), as ons troos én bemoediging!

(d)    Maar die kruks/ kern, die “punchline” van die teks is: Ons is deelgenote van sy roeping.

    Juis vir ons wat graag verbrokkel / uitmekaar haal / teenoor mekaar stel.
    Wat die apostel/ profeet wil wees los van die priester – of andersom.
Jy en ek word saam geroep – om God se wil te ken en bekend te maak.
    Én om God se liefde te ken en te leef / te demonstreer soos Jesus – tegelyktydig!
Dus om profete te wees/apostels van God se waarheid met die liefdesharte van priesters (wat vashou aan die ander); die waarheid in liefde  (Efes 4: 15), saam, onder mekaar, nou, vandag, môre, hier, oral in al ons verhoudinge.

By Willigen (1952) is die sending as’t ware (vanuit hierdie perspektief) weer in die wêreldkerk gebore en vir die volgende geslag aangegee op grond van Hebreërs 3:1.

Dié sendingkonferensie het besluit (in aansluiting by die vroeë kerkvaders Ignatius, Clemens, Romanus, Polikarpus): “Daar is geen deelgenootskap van Jesus sonder deelgenoodskap met sy sending nie.” En daarmee is nie bedoel die kruis om jou nek nie, maar die kruis wat sigbaar is in jou lewe, omdat jy soos hy tegelyk apostel en priester is, in navolging van Hom.

My en jou moed mag hiervoor opraak – máár wys die volgende generasie na Jesus, want Hy is die Begin en die Voleinder van ons geloof (Heb 12:1-3) en Hy bly gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde (Hebr 13), en daarom is ons troos om Hom voor oë te hou.

Ek kan self nie regtig aan ’n beter fundamentele orientasie dink om vir my kleindogter en haar generasie aan te gee nie!