{ARGIEF}

Hoe
is/ word geestelike sorg ‘n bron van hoop?

Dr Jannie Richter

18 Mei 2008 – tydens Cedarberg-konferensie
vir Plattelandse gemeente

1. ‘n
Geestelike gesprek

‘n Onlangse gesprek met ‘n egpaar tydens
huisbesoek.

Na ‘n vriendelike ontvangs, gaan die
gesprek ‘n wyle oor hulle hondjies wat tussen ons aan die woel is, dan oor
hulle en my kinders wat reeds hulle eie beroepe volg. Ons praat oor die voorreg
om op ‘n afgeleë plek te woon en werk waar die druk stadslewe mens nie so erg
beïnvloed nie. Toe daar ‘n paar oomblikke van stilte kom, vra ek die vraag wat
op my hart lê (P = pastor; M = man; V = vrou):

P: M, ek merk jy kom nie in die erediens
nie. Is daar ‘n probleem of iets wat jou hinder?

M: Dis my prerogatief. [Klink effens
aanvallend]. Sondag is my enigste afdag en ek wil dit graag gebruik om my eie
dinge te doen. Buitendien hou ek nie baie van X nie [X is ‘n redelik prominente
gemeenteleier]. Ek maak nie ‘n moordkuil van my hart nie. Dit is nou maar so en
ek verkies dus om my maar eenkant te hou. Maar jy moet asseblief nie dink die
Here is nie vir my belangrik nie. Ek beskou myself as ‘n Christen. Sonder die
Here is ek niks. [Daar is nou ‘n glinstering van trane in sy oë; emosie is in
sy stem hoorbaar.]

P: Ek sien jy het die ding al vir jouself
uitgemaak. Ek het gedink dis belangrik dat ek vra sodat jy kans kry om te praat
as iets jou hinder.

M. En ek hoor jou preek Sondagoggende. Ek
vang jou hier op die TV op. Die beeld is nie baie goed nie, maar die klank is
perfek. [Ons uitsending na die Dienssentrum kan inderdaad op TV opgevang word!
Meer mense benut skynbaar die voordeel.]

V: Dit is so. Ons vang die uitsending
eintlik baie goed op.

P: Ek is dankbaar dat die uitsendings vir
julle iets kan beteken. Die Here stap met elke mens sy eie pad. Hy sal ook
geleenthede skep om met julle praat soos Hy wil. M, ek hoor jy sê jy probeer
naby Hom bly sodat Hy jou geestelik kan vorm.

M: Jy hoef nie oor my bekommerd te wees
nie. Ons sal nie weggaan nie. Ons bly deel van die gemeente. Ek sal kom praat
as ek die behoefte het.

P: Ek is bly jy sê jy het vrymoedigheid
om te kom praat. V, gaan dit goed met jou ook?

V: Dit gaan goed. (Vertel iets van haar
werksomstandighede wat vir haar goed is.)

P: Ek sal graag saam julle wil lees en
bid. Is dit in orde met julle?

Beide bevestig.

P: Lees uit 1 Kor. oor die huwelik.
Wissel gedagtes oor die gawe van die huwelik. Sluit aan by die gemeente se
jaartema van die ‘skat in erdekruike’ en beklemtoon dat ‘n huweliksverhouding
ook vir ons gegee word om ons met die skat van God se liefde te vervul. Bid
saam en neem afskeid.

 

Bespreek:

·        
Wat is jou gewaarwordinge n.a.v.
die gesprek?

·        
Hoe funksioneer die konsep van
hoop in geestelike werk van leraars en lidmate? Kan die gesprek enige lig
daarop werp?

2. Die
Oos-Kaapse aksie

·   Aanleiding –

Ontvolking van die platteland; ringe in die
NG Kerk het weinig leraars gehad; kleiner gemeentes kan nie meer beroep;
moontlik tekort aan leraars binne volgende dekade; dikwels geen aflosleraars
beskikbaar in vakansies of wanneer leraar weg is.

Ook in VGK is hele ringe in die platteland
sonder leraars.

NG Kerk het baie lidmate & kerkraadslede
wat sterk is in geloof, goed gevorm deur getroue kerkgang en kategese; hulle
behoefte is om met vertroue te kan instaan vir leraars; kan ook ‘n
bedieningspan saam met leraars vorm.

·   Proses –

Ses leraars opgelei deur Senrtum vir
Konteksutele bediening (Prof M. Nel) – Gemeentebou, Prediking, Pastoraat;
jeugwerk word ook oorweeg – geakrediteer om namens Sentrum baisese kursusse te
kan aanbied. Eie materiaal is saamgestel vir spesifieke behoefte van NG Kerk –
prediking, Pastoraat: elk 20 -sessies van een uur; kerkraade en ringe word
verbind om opgeleide lidmate diensgeleentheid te gee en om hulle bedieing te
mentor; bykans 160 lidmate sal hierdie jaar opleiding ontvang.

3. Vyf
dimensies van die plek in rol van geestelike werker

(a) Wie
& wat is die geestelike werker/ geestelike werk?

“ Geestelike werker as verlengstuk van die
predikant se bediening”.

 (In
waarheid: Elkeen het volwaardige bediening deur God opgedra; spanwerk as
liggaam…)

            “Geestelike
werk is wat God deur mense doen wanneer Hy mense voorberei en vorm om   deel te wees van sy Koninkryk.”

= enige een wat
op enige manier die gemeente en lidmate bystaan om die wil van die Here te
onderskei.

·        
‘n Geestelike werker is ‘n gawe
van God aan die gemeente;

 

·        
Geestelike werk het met
‘leierskap’ te doen;

 

·        
Ons kan God se hoop reflekteer of
verdof/ verduister

(b) gemeentelike
prosesse

Prosesse van geestelike sorg wat hoop
bring vir mense in die platteland

Gemeente = sisteem (Liggaam van Christus);
werker (predikant, ouderling, lidmaat)= nie alleen.

Sisteem wat leef = groei en in verhaal
ontvou.

Gerkin:

Pastoraat = sorg vir

(a) christelike ‘tradisie’                         ‘n
gemeenskap van herinnering! Kategese, erediens – liturgiese jaar

(b) kultuur                                
          gemeenskap van taal! Taal as
primêre kulturele instrument en navraag; gesprek, bybelstudie (leiding);
vergaderings; ‘pelgrimstogte’!

(c) indiwidue en families                     gemeenskap
van liefde en sorg; vader- en moederskap; huisbesoek op verskeie geleenthede

(d) geloofsgemeenskap                        gemeenskap
van sending; draers van waarheid, getuies van die werk van God in die hede!
Diens van gasvryheid

‘n Ontvouende verhaal – binne die vloei van gebeure en veranderende
tye.

 

Hoop:

l  God is deel van die sisteem; sy verhaal gaan voort met gewisse
hoopvolle einde.

l  God werk met die taal van geloof

l  verhoudings is geleenthede vir groei – besonder in die platteland

(c) ‘n
houding en benadering

… wat maak geestelike sorg effektief
sodat mense inderdaad draers van hoop is?

·        
“Laat God God wees”

·        
Liefde!! Hoop!! Geloof!

·        
Genade!

·        
Shawchuck & Heuser:

1.      Childlikeness

 

2.      Povety of Spirit

 

3.      Desire to serve

 

4.      Self-examination

 

(d) kennis
& vaardigheid


wat vir ‘n geestelike werker kan help om hoop/
hoopvol
te kommunikeer;

Baxter 
(1678) –          1. ken die stand
van elkeen se geestelike gesondheid

                                    2.
maak vir mense bekend waarin ware geluk te vind is

                                    3.
maak hulle vertroud met maniere om dit te bereik

Kennis maak opgeblase (1 Kor)

(1)   Evangelie – van genade en verlossing

(2)   Gesprek : Narratief …

l  luister

l  van ‘dun’ beskrywings van verhale na ‘dik’ beskrywing

                        (a)
vasgeloopde verhaal

                        (b)
ligpunte

l  Landskappe van aksie en van identiteit

l  narratiewe insigte – “nie weet nie”

(3)   Mensekennis  

l  ‘Vlug van liefde’-verskynsel 
dinamika van sonde ipv lys van sondes

 

(4)   Selfkennis –

            “Ontdek
jou gawes”!?

(e)
versorging en selfsorg

Sorg van die geestelike werker

Sorg van die geestelike werker

l  leraar

  identifisering, mentorskap

  opleiding

  program van geestelike dissiplines? Self, saam met ander werkers

l  kerkraad

  identifisering en begrip

  retrait vir hulleself en vir ander werkers

  reguleer uitbranding

l  self

  wins en beperkinge van stiltetyd

  geestelike dissiplines

Samevatting

           
hoop leef in die feit dat God mense roep!