{ARGIEF}

Worship

Conference

2015

 Worship Conference

Hierdie is waarskynlik die omvangrykste konferensie nóg in Suid Afrika oor die erediens en liturgie – ons dink nie daar was al `n liturgiekonferensie van hierdie omvang in ons land gehou nie.  48 temas is deur 34 sprekers en predikers aangebied – sprekers vanoor die hele land, asook 4 van die Calvin Institute van Amerika.
Ons weet dat gereformeerdes deur die tyd nie baie aandag aan erediens en liturgie gegee het nie.  Hierdie instituut is besig om ons te help om in te haal op die agterstand.
Ongeveer 200 mense het ingeskryf vir hierdie konferensie met sy unieke en baie interessante reeks temas, wat ingesluit het:

Die betekenis en doel van Aanbidding/ Wat maak `n erediens goed?/ Om die liturgie van swart kerke beter te verstaan/ Om God te verheerlik in die erediens…/ Kreatiwiteit in ons aanbidding / Hoe word mense verander deur die erediens?/ Die rol van tegnologie in die erediens / Die plek van musiek in die erediens/ Wat maak dat mense na `n preek luister/ Plek vir die sakramente / Erediens en Pastorale Sorg / Kinders in die erediens… en nog veel meer!

Die fasiliteite van Helderberg Gemeente in Somerset-Wes leen hom uitstekend vir ‘n konferensie van hierdie omvang, en benewens die hooftemas kon ‘n groot verskeidenheid van wegbreeksesssies bygewoon word.
Gedurende teetye en etenstye (wat aangebied is deur ‘n baie bekwame spysenieringspan) het konferensiegangers wat bestaan het uit ‘n groot verskeidenheid van kultuurgroepe en denominasies, lekker saamgekuier en mekaar leer ken.
In Frederick Marais se woorde:  “Ons is baie trots om deel van so ‘n uitstekende konferensie te kan wees. Die samestelling van die gehoor is so hoopvol in tye wat ons land se mense sukkel om mekaar te hoor en te waardeer!”
Op die foto wat geneem is van die Beplanningskomitee saam met die 4 Amerikaners, is van links na regs:
Keith Griffiths, Debbie van de Laar, David Rylaarsdam (VSA), Duane Keldermann (VSA), Ankia du Plooÿ, Coenie Burger, Kathy Smith (VSA), Bruce Theron, John van de Laar, James Nicolson en Neal Plantinga (VSA).
Groepsfoto IMG_3129
Die volgende foto het verskyn op Helderberg Gemeente se webblad met die titel: Oor grense heen – wat ‘n pragtige illustrasie is van die gesindhede en uitreik na mekaar tydens die konferensie.
Oor grense heen_Worship Conf

(Beide foto’s geplaas met erkenning aan Jan Branders, kommunikasiebeampte by Helderberg Gemeente.)