{ARGIEF}

Ongeveer 100 konferensiegangers het van Maandag af gekom om die Handelinge konferensie by te woon. ‘n Verskeidenheid van predikante, gemeenteleiers en akademisie  van noord en suid en ook verder in Suider-Afrika het gekom vir die konferensie. Coenie het sy vreugde uitgespreek oor die opkoms en die verskeidenheid van mense en kontekste wat verteenwoordig is. 

Coenie het doel van die Handelinge konferensie soos volg verduidelik:

  1. Om Gestuurde of missionale gemeentewees te ondersoek en te ondersteun.  Die Gestuurde beweging is ‘n wêreldwye beweging wat ons hoop met hierdie konferensie versterk kan word. Deur hierdie konferernsie wil ons graag hierdie beweging versterk deur die Bybel met groter fokus te lees as ‘n ekumeniese groep. Agter die missionale beweging is die belydenis dat God reeds aan die beweeg is en dat ons soos Calvyn gesê het, dit net kan raaksien indien ons hierna kyk deur die lens van die Bybel.
  2. Ons wil graag akademisie, gemeenteleiers in gesprek bring met mekaar.  Daar is soveel kragte wat hierdie twee groepe uit mekaar wil trek – ons wil graag deur hierdie projek hierdie twee groepe weer in gesprek bring met mekaar in ‘n dialoog van wedersydse respek.
  3. Hierdie is ‘n 3 jaar projek om die impak van die konferensie te verhoog op drie vlakke.
  • Konferensies soos hierdie. Vanjaar se konferensie fokus op die lees van Handelinge en daarom het ons Nuwe Testament kollegas genooi. Ons hoop om volgende jaar te fokus op missionale gemeentes en sal dan kollegas uit hierdie dissipline wil nooi.
  • Tweedens het ons 7 studiegroepe – waarin ons die gesprekke van die konferensies verder wil neem in navorsingsgroepe wat oor 3 jaar twee keer ‘n jaar sal bymekaar kom. Met 7 vrae in gedagte:
     Wat leer Handelinge ons van gemeentes en die gestuurdheid van gemeentes
     Wat leer Handelinge ons oor eenheid en verskeidenheid?
     Wat leer Handelinge ons oor Sending programme en  strategie?
     Wat leer Handelinge ons oor Leierskap, apostolskap en dissipelskap?
     Wat leer Handelinge ons oor Verlossing en bekering?
     Wat leer Handelinge ons oor die Verhouding van die kerk met die “empire” en ekonomiese geregtigheid?
     Wat leer Handelinge ons oor die dade en aksies van die lewende God?

Coenie het sy hoop uitgespreek dat ons almal met groter fokus die boek van Handelinge sal lees en daaruit oor bg onderwerpe sal leer.

Vir diegene wat nie die konferensie kan bywoon nie kan klankfile van die voordragte hier aflaai.