{ARGIEF}

Om te hoor, te voel …

en te sien

writing4
Gebruik jy die geskrewe woord as deel van jou bediening?
Wil jy meer leer oor hierdie kragtige, kreatiewe vaardigheid?
Skryf dan in vir ons Skryfkursus met die titel Om te hoor, te voel … en te sien.

Tyd:  26-27 Augustus
Plek: Communitas, Stellenbosch
Aanbieder: Len Hansen

Die beroemde skrywer Joseph Conrad (1857–1924) het op ‘n keer oor sy taak as skrywer gesê: “My task is to make you hear, to make you feel, and, above all, to make you see. That is all, and it is everything.”
Die funksie van enige geskrewe teks, net soos met die gepredikte Woord, is om te kommunikeer met die doel om te inspireer … en dit is ‘n kuns waarvoor kennis en vaardighede noodsaaklik is.
Hierdie kursus is gemik op enige lidmaat of predikant wat die gebruik van die geskrewe woord deel van sy of haar bediening wil maak.
In die kursus sal aandag gegee word aan die volgende sake:

  • Met watter doel skryf jy? Wie is jou lesers? Wat is die mees gepaste genre (blogs, gemeentebriewe, oordenkings, dagstukkies, kortverhale, romans, akademiese skryfwerk, ens.) vir hierdie doel en hierdie gehoor?
  • Hoe begin mens skryf, waar kry jy idees? Skrywersblok.
  • Elemente van goeie skryfwerk. Tegniese vaardighede en hulpmiddels.
  • Die etiek van skryf – die sensitiwiteit vir gepaste humor, geskikte taal en styl, die verskil tussen eie stories en ander se stories.
  • Wat gemaak met jou skryfwerk? Die proses van skryf tot publikasie.

Deelnemers sal na die tyd verstaan hoe om:

  • te besluit vir watter tipe gehoor geskryf gaan word, wat die mees gepaste genre daarvoor is, en waar persoonlike sterk- en swakpunte lê met betrekking tot die gekose genre;
  • tegniese vaardighede te verwerf en verstaan hoe om toegang tot hulpmiddels te verkry en te gebruik;
  • die pad tot publikasie te volg en struikelblokke om te vermy;
  • op ’n eties-verantwoordelike manier te skryf.