Kop- en hartskuiwe om ‘n Batebouer te wees

Written by Jeanette De Klerk-Luttig on . Posted in Konferensies

1 Weerstand teen hoe-risiko-gedrag,
2 dat kinders sal floreer,
3 behels dat kinders/jeug sal  kan terugspring na terugslae
BB Gaan nie weer om:
1 Die identifisering en oplos van probleme nie.
2 Geen van bo af beleidsveranderings of implimentering van programme om probleme reg te stel  nie, maar
3 Dit gaan om die loslaat van inherente energie en kapasiteit van individue en gemeenskappe.

Kompakte defenisie van Batebouersgemeenskappe is:

gemeenskappe waar verhoudings belangrik is, veral verhoudings en betrokkenheid tussen verskillende generasies en waar ondersteuning, bemagtiging, grense, geleenthede en waardes beklemtoon word. Verhoudings is die suurstof vir menslike ontwikkeling

Dit gaan om die herontdekking van ou waarhede.  Ou oom in Alaska het toe hy van die 40 bates gehoor het gesê “ Common sense isn’t very common anymore”..

Ek wil graag kortliks drie perspektiewe op BB gee voordat ek die BB self aan die woord stel

1 Batebouers probeer begrond
2 Wat is die onderliggende kop en hartskuiwe wat mense moet maak om batebouers te wees?
3 Hoe lyk ‘n batebouer?

1. Begronding van Batebouers

Ek is seker dat baie van u vir uself vra waarom die vreeslike klem van die konferensie op batebouers netwerk? En daarom wil ek probeer om BB netwerk  vanuit verskillende hoeke te begrond.

1 Mens kan dit vanuit die politiek kon verantwoord, want ons Demokrasie sal nie oorleef as ons nie bates bou in ons jeug nie. Want Demokrasie stel hoë eise aan die moraliteit van mense en is afhanklik van individue en groepe wat:
wat gedissiplineerd, sonder toesig kan leef en  werk m.a.w.wat weet hoe spel mens selfdissipline, het m.a.w. hulle het nie heeltyd polisiering nodig nie,
wat ander respekteer.
mense wat die waardes van verantwoordelikheid en regverdigheid hul eie gemaak het en dit leef.
Of demokrasie in Suid-Afrika gaan slaag of nie hang af van die karakter en morele geletterdheid van die inwoners van die land en daarom ook van die erns waarmee ons dit  by die jeug vestig.

2 BB netwerk kan ook gefundeer word vanuit die oogpunt van ‘n veilige,  samelewing: as ons nie bates bou nie gaan verskynsels soos delmmisbruik en misdaad hand oor hand in ons land toeneem.   Een van die donkerste kontradiksies in Suid-Afrika is dat ons die land is met moontlik die mees progressiewe Grondwet, maar terselfdetyd die land met die hoogste moordstatistiek, ons is een van die gewekddadigste lande in die wêreld. Ons sal net eenvoudig nie die kapasiteit meer hê om al die probleemgevalle van jeudige ootreders te hanteer en te remedieer nie en ook al maak ons meer en meer wette, wette kweek nie moraliteit nie maar voorveronderstel moraliteit. Veral die bates soos:
onthouding van alkohol, verdowingsmiddels en seks, 
die  vermoee om negatiewe groepdruk te kan weerstaan,
die vermoee om konflik vreedsaam op te los,
selfrespek en verantwoordelikheid wat hier ‘n belangrike rol speel.

3 Mens kan dalk die BB ook vanuit ‘n ekonomiese oogpunt begrond. Ons het jong mense nodig wat
weet hoe om voortuit te beplan en besluite te neem,
wat met eerlikheid, integriteit en regverdigheid kan optree,
jong mense met ‘n gesonde werksetiek en doelgerigtheid.
Indien ons nie die bates bou nie, sal daar nie in die toekoms mense wees wat gewoon die ekonomie van ons land aan die gang sal hou nie.  In die groter finansiele prentjie sal ons nie globaal kan meeding en kan kompeteer met ander lande nie.

4 BB kan ook vanuit die Sielkunde begrond word. Mens sou dit baie maklik kon doen vanuit ‘n Ontwikkelingsielkunde oogpunt, maar ek wil dit graag doen vanuit Sielkunde vir die volwasse persoon.   Erikson beskryf 8 fases van ontwikkeling vanaf geboorte tot dood waardeur elek mens gaan en in elke fase beleef die mens ‘n  krisis wat of positiewe of negatiewe gevolg kan hê wat ook die res van jou lewe beinvloed. Die krisis van die middel volwasse fase van 35 tot 60/65 jaar is die van generatiwiteit teenoor stagnasie. 
Indien die volwasse persoon in die fase omgee en versorg,
wanneer dit nie meer net gaan om eie voordeel en bevordering nie, maar om die groter gemeenskap en om die oordra van kennis, vaardighede en waardes na die volgende geslag, dan stagneer jy nie.
Generatiwiteit gaan om die versorging en uitbou van dit wat reeds geskep of gemaak is.  Erikson sê dat generatiewe mense se houding is: “I have faith that despite suffering and setback and evil, human life can be good for generations to come.”  Capps in Deadly Sins and Saving Virtues sê die deadly sin van middelvolwassenheid is apatie en dat omgee die teemiddel, die saving virtue daarvoor is.
Apatie as gebrek aan omgee, as onbetrokkenheid en stagnasie klink so “Ek het my deel gedoen en my kinders grootgemaak”  “ Maar ek gaan kerk toe en gee my tiende moet my nie verder pla nie”.  Capps is die TV is die simbool van onverskilligheid, afsydigheid en apatie en die lesingsaal dikwels die broeikas daarvan, want albei TV en die lesingsaal, verdoof egte emosies wat nodig is vir betrokkenheid by ander.

5 BB kan ook vanuit die Opvoedkunde begrond word. Dit is so belangrik dat ons bates sal bou sodat dit beter sal gaan in ons skole, want dit gaan nie goed in die skole nie. Volgens ‘n verslag van die SA Menseregte-kommissie is skole die mees algemene plek van misdaad in SA,
kinders word verkrag deur onderwysers of ander kinders,
kinders word geboelie, portuurgroepwreedheid algemeen voor,
43% van leerders in SA skole voel nie veilig by die skool nie.
Vloek is die moedertaal van baie leerders.
Ook akademies gaan dit ook nie goed nie, en is daar ‘n groot probleem met werkskultuur in skole.  In die internasionale TIMMS wiskundig en geletterdheidtoetse het ons die laaste paar keer wat ons wel deelgeneem het, heel laaste van al die lande gekom.  Ons neem nie meer deel nie.  Ons is ook besig om agter te raak by ander Afrikalands.  T.o.v. lees en wiskunde het ons uit 14 Afrikalande onlangs 9de gekom na Mosambiek. Botswana , Kenia , Swaziland, nieteenstaande die feit dat ons meer geld per leerder spandeer as die lande.  Daarom is bates van:
‘n skoolklimaat van omgee, aanmoediging, hoë verwagtings en ook
duidelike grense,
positiewe portuurgroep beinvloeding,
kreatiewe tydsbesteding,
die wil om goed te doen op skool en
betrokkenheid by leer, van kritieke belang.

6 Vir die begronding van die BB vanuit geloofsperspektief, wil ek u vertel van my sus. Sy woon in Koster in die NoordWes. . Vroeër was dit mieliewereld maar a.g.v. die wisselvalligheid van die reen is dit nou meer bees- en wildwêreld en a.v.g. daarvan is minder werkers op die plase nodig en het die plakkerskamp in die dorp vinnig gegroei.  So my sus woon met ‘n plakkerskamp ‘n klipgooi van haar huis af.. Waar dit vir ander ‘n verleetheid sou wees, sien sy  dit as ‘n groot uitdaging en geleentheid. As oudonderwyseres werk sy elke week vrywillig vir ‘n paar oggende in die kleuterskool in die plakkerskamp.  Sy werk die leerplan uit, maak boontjiesakkies en deegklei, koop balle en hoepels, werk speletjies uit, maak kos met verskillende kleure, het al elke leerder se ouers in hul shack besoek en hou die onopgeleide onderwyseresse gemotiveerd en op hul tone. Sy kom doodmoeg, vuil en tevrede by die huis.  Sy sê dat sy eenvoudig nie kan toelaat dat nog ‘n geslag kleuters maar net eenvoudig in die son sit en niks doen en dit in die tyd waar hulle die meeste stimulering behoort te kry nie. Sy het ‘n verantwoordelikheid teenoor die kinders en die verantwoordelikheid spruit nie net uit ‘n suiwer  maatskaplike of menseregte motivering, nie maar veral uit die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het toe Hy gese het Matt 25 : 40 gesê Dit verseker ek julle, Vir sover julle dit aan een van die geringste gedoen het, het julle dit aan My gedoen.  My sus glo dat die daar eendag nie ‘n maatband om ons koppe  gesit gaan word nie maar om ons harte. Jesus is so duidelik daaroor: Boodskap Mat 11 : 28-30 “ Kom luister wat Ek jou oor die lewe wil leer:  Ek sal jou leer dat geluk nie is om heeltyd net vir jouself te leef nie. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te hê.  Dit is nie moeilik om so te leef nie, om die waardheid te sê, as jy so begin leef, sal jy agterkom hoe lekker die lewe regtig kan wees.
Sy glo ons kan nie meer   “Skyn vir Jesus jy in jou klein hoekie en ek in myn” nie! Ons kan net iets vir Hom beteken as ons uit ons klein hoekie kom en betrokke raak. Om dit te kan doen is daar egter

2. Kritieke, kopskuiwe en hartskuiwe wat moet plaasvind in mense en gemeenskappe om BB te kan wees.

1 Taal moet verander – Skuif vanaf tekorte-taal na bate-taal: taal skif dan skuif fokus
Ons moet anders begin praat, want gewoonlik fokus ons reaktief op probleme geweld, tienerswangerskappe, dwelms ens.  Geld word ook dikwels gegee om een of ander oorlog teen ‘n spesifieke probleem.   Die fokus op probleme maak ook dat baie mense voel dat hulle nie werklik ‘n bydrae kan lewer nie, byna ‘n gevoel van hulpeloosheid en dan vermy hulle liewer jong mense.
Gevoel is wat kan ek as gewonde mens aan al die probleme doen?  Net soos die mediese wêreld begin besef dat hulle sal moet fokus op voorkoming en welwees en gesondheid, moet ons, ons energie en ons taal skuif na die bou van ‘n positiewe fondament vir ontwikkeling waar jong mense kan floreer.
Die denkskuif kan bevorder word deur die gebruik van die positiewe taal van ontwikkelingsbates.   Ons moet net so goed word om jong mense se sterk punte , talente en bronne te noem, en daaroor te praat as hulle probleme en uitdagings. Ons houding en taal sal moet skuif.  Vriendin baie moeilike tieners gehad en  as jy haar vra hoe dit gaan het sy gesê: “Vandat ons tieners in die huis het beleef ons interesssante tye!”

2 Vanaf sommige probleemgevalle na alle jeug.
Ons fokus val tans meer op die jong mense wat op risiko is, terwyl die wat geen probleme veroorsaak geen of weinig aandag kry.   Byna alle kinders het meer ontwikkelingsbates nodig as wat hulle tans kry.   Alle jeug beteken ook jeug wat nie noodwendig familie is nie, asook jeug van ander kultuurgroepe.  Stellenbosch vrou Boord ,kinders van die plaas daarnaby bedel, besig om tee te drink, ingenooi, maniere geleer hoe drink mens tee uit dun koppie, ook na Endler geneem , verduidelik nie papiere ritsel nie en waarom, mooi musiek.

3 Vanaf slegs vroee kinderjare tot die eerste twee dekades.
Daar word dikwels (nie altyd nie) baie aandag gegee aan die eerste 5 jaar van kinders se lewe en dit is kritiek belangrik, maar die noodsaaklikheid van  ontwikkelingsbates hou nie daar op nie!  Elke ontwikkelingsfase vereis ondersteuning, bemagtiging, grense, struktuur, en waardes en elke fase bou op die vorige fases.  Navorsing het getoon dat hoe ouer die jeug word hoe minder ontwikkelingsbates het hulle wat wys dat ons hulle dalk te gou op hul eie los! Die klem op die eerste twee dekades onderstreep ook die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid en nie net die betrokkenheid van die familie nie.  Die skool, portuurgroep, bure, en die gemeenskap speel almal ‘n rol namate die kind ouer word.  Sonder gesonde gemeenskappe is gesonde ontwikkeling baie moeilik.

4 Van skeiding van generasies na integeneratiewe gemeenskappe
Jammer dat veral in die Westerse gemeenskappe het sinvolle kommunikasie tussen van mense van verskillende ouderdomme verlore geraak het. Jeug voel dikwels vervreemd van volwassenes in buurt en kerk. Voel word geignoreer en voel verwerp.  Uit steekproef van 254,000 hoerskoolleerders het net die helfte van die groep iemand in die gemeenskap geken van ouer as 65.
Gevind dat 80% volwassenes afkyk as tieners verbystap in die straat.
Twee sterk ondersteuningsgroepe behoort teenwoordig te wees ondersteuning van ouer mense en ondersteuning van gelykes/portuur.

5 Van programme na verhoudings
Ons het baie van die verantwoordelikheid oorgegee aan eksperts, professionele mense, mense wat betaal word. Teruggaan na die basics.  Neelsie gesit , rugbyspelers geluister groot ,sterk, net klaar geoefen het. Wat wil jy nou doen? Hunk ou gesê: “Ek wens ek kon net in ‘n huis by ‘n kombuistafel gesit het en koffie drink en beskuit eet en met gewone mense oor gewone goed gesels.” Moeg van koshuis, moeg van akademie, lus vir gewone menslikheid   Daar is ‘n oorbeklemtonng van programme en beleid en ons vergeet die belangrikheid van verhoudings. Veral by die verstiging van waardes by kinders help al die goedbedoelde programme niks, waardes word gevestig in netwerke van verhoudings.
Batebouers gaan nie daarom dat ons mense huur en betaal om nuwe programme te begin nie, maar dit gaan daarom dat almal in ‘n gemeenskap betrokke sal raak in positiewe, informele omgee- verhoudings  met kinders en jong mense om hulle. Professionele mens is nodig as mentors en vrywilligers, maar hulle is nie die hoofspelers nie.

6 Van jong mense as objekte to jeug as aktief betrokke.
Jong mense het ongelooflik baie potensiaal en  energie om bates te bou in self en gelykes. Baie van hulle word nie gewaardeer in hul gemeenskappe nie.  BB sien jong mense as aktiewe rolspelers in die herbou van gesonde gemeenskappe.

7 Van eiebelang tot gedeelde verantwoordelikheid (moeilikste skuif)

3. Hoe lyk ‘n batebouer?

It is not about me. Purpose driven Life Rick Warren.  Skuif van ek/my na ons. Daar is ook geen plek vir hierargieë of ego’s nie. Batebouers is ‘n network en netwerke het geen hierargieë nie.  As ek na Sias verwys as die koordineerder van die Batebouersnetwerk Stbosch, dan beteken dit hy gee baie van sy energie en tyd, dit beteken nie dat hy bo aan ‘n piramiede staan nie, maar hy probeer dat daar soveel as moontlik mense deel het aan Batebouersnetwerk en dat dit so plat en wyd as moontlik is.  Geen plek vir magspiramiedes  vir die  4 p’s  politics, percks, positions or powerplays. Behels die skuif van van ek na ons, van  selfgesentreerdheid na andergesentreerdheid, van success to significance, van selfverryking na diens, van maak bymekaar na deel. 
Elke klein optrede waar ‘n kind erken word op naam gegroet word, glimlag, hoe het dit gegaan met die toets? Hoe het dit Saterdag gegaan met die agterlyn?  is klein molekules van ondersteuning, klein boustene wat ingemessel word in die fundament, om dit sterker maak, vanwaar die jeug verder kan bou.

Kernvraag van die konferensie sluit dan ook aan by die kopskuif: In ‘n selfgesentreerde, individualistiese samelewing hoe swaai jy mense se koppe en harte sodat hulle BB sal word, m.a.w iemand met ‘n hart vir alle kinders en die moed (en energie) om aktief betrokke te raak in hul lewens.

n Batebouer is eintlik ‘n brugbouer tussen mense, iemand wat hoop en vreugde, joy bring.

Trackback from your site.

Leave a comment