{ARGIEF}

 

HOE MOET ONS VIR 

PAULUS

VERSTAAN?

 paul1
Daar is tans ’n boeiende gesprek aan die gang oor hoe Paulus gelees moet word.
Daar is so baie vrae:
Is die kritiek teen die “Lutherse” interpretasie geldig?
Wat is die alternatiewe?
Is daar iets soos ’n “Calvinistiese” interpretasie van Paulus?
Is daar iets soos ’n “sleutel” om die Paulus-briewe mee oop te sluit?
Wat is die bydraes van Nuwe Testamentici soos NT Wright en Douglas Campbell tot hierdie gesprek?

As jy meer wil weet oor

  • drie nuwe interpretasie-modelle waarmee Paulus verstaan word, of
  • die uitdagings en interpretasiemoontlikhede van die Pauliniese huistafels, of dalk oor
  • Paulus oor mag in die konteks van die Romeinse Ryk: Toe en nou

móét jy op 8–10 April hier op Stellenbosch kom luister na Elna Mouton, Jeremy Punt en Francois Wessels se kursus:

’n Nuwe blik op Paulus:

’n Inleiding tot hedendaagse interpretasies van Paulus se boodskap en sy kommunikasie daarvan

 

Daar sal tydens die kursus ook gekyk word na die hantering van die sogenaamde “huistafels”, byvoorbeeld in Efesiërs en Kolossense en die vraag sal gevra word – hoe behoort ons hierdie gedeeltes te lees en toe te pas in ons prediking?
En Paulus se hantering van mag sal aan die orde kom: Hoe het Paulus mag gebruik in sy argumentasie met die lesers van sy briewe? Wat was die sosio-historiese agtergrond van Paulus se manier van argumenteer? En wat is die implikasies hiervan vir ons vandag?
Daar sal ook aandag gegee word aan 

  • Drie interpretasiemodelle en Romeine 1–11
  • Wat was die eintlike kwessie in Galasiërs?

 
Na afloop van hierdie kursus sal jy

  • ’n Beter insig hê van die verskillende moontlikhede om Paulus mee te interpreteer.
  • ’n Beter insig hê in die huistafels en hulle moontlikhede vir die prediking.
  • ’n Beter insig hê in hantering van mag deur Paulus en insig hê in watter rol mag in ons verhoudings moet speel, indien enige.
  • Drie preeksketse oor gedeeltes uit die Paulus-briewe hê.
Om in te skryf, kliek hier: VBO 11 ‘n Nuwe blik op Paulus