{ARGIEF}

Om in iemand anders se skoene te kan staan

Die kerklike wêreld het op 5 Julie 2017 tot stilstand gekom met die ondertekening van ‘n dokument deur die Gereformeerdes, Lutherane en Methodiste vanoor die wêreld, asook die Rooms Katolieke Kerk. Die dokument verklaar dat ons nou, na 500 jaar, op een plek staan oor die verlossingsleer. Ons word alleen uit genade deur geloof gered.
Bykans alle interkerklike verhoudings word hierdeur geraak. Die wêreldkerk sê hiermee onteenseglik ons is ernstig oor ons getuienis dat Christus heers. Hy verlos mense van hulle sonde. Hy laat sy koninkryk kom. Hy gee vir mense die verbeelding van ‘n nuwe wêreld waarin kragtige verhoudings oor kultuur-, taal- en historiese grense strek. Hy laat nuwe verhoudings ontstaan wat getuig dat Hy magtiger is as menslike voorkeure en aannames. Deur die beliggaamde versoening tussen mense word sy heerskappy gedemonstreer.
Die “Loop Saam- kursus” help ons om uitdrukking te gee aan die beliggaming van versoening en eenheid in Christus. Dit help ons om in ander se skoene te gaan staan en te ontdek hoe God ons lewe wil verryk deur verhoudings waaruit ons nog nie vantevore kon leer en put nie.
Wanneer? 23-24 Augusus 2017
Waar: Communitas, Stellenbosch
Met hierdie kursus wil ons iets gee waarmee ons gemeentes kan help om

  • oor grense na mekaar uit te reik,
  • vir mekaar om te gee en
  • saam te leer hoe om mekaar met liefde en respek te hanteer.

Die materiaal wat ons gebruik, is die twee boekies “Maak Kontak” en “Loop Saam” wat deur Chris van Wyk en Nico Simpson in opdrag van die Seisoen van Menswaardigheid ontwikkel is.
Hierdie kursus getuig oor God se droom vir ‘n nuwe wêreld. Dit kan jouself en jou gemeente oneindig verryk!
Met hierdie kursus, of eerder proses, glo ons, sal die menswaardigheid van ons land se mense herstel word.

Vir meer inligting, of om in te skryf, kontak Wilma