Die Boek Handelinge en sy plek in die kerk

Written by Frederick on . Posted in Konferensies

Hierdie is ‘n opsomming van ‘n lesing van Prof Beverly Roberts Gaventa – Maandag 18 Mei 2009 by die Handelinge Konferensie

 

Inleiding
 Pres Obama se besoek aan 10 Downingstreet en sy waarneming van die beweginglose “bobby” by die deur – sy groet en aandag vir die “bobby”. Dit is eintlik ’n totaal ondenkbare gebeurtenis. Maar die incident sê iets van Barak Obama.
 Karakters word aan ons openbaar wanneer hulle keuses maak en wat die keuses vir ons leer vir ons tyd.
 Voorveronderstellings tov die Boek Handelinge. Dieselfde skrywer as die Lukas evangelie. Lukas se hoof doelwit is pastoral. Die NB boek “Dear Theo”. Wie is Lukas en sy gehoor?
 Meer versigtig: Geleerd; moontlik heiden proseliet, voordat hy Christen word; wil gelowiges lokaliseer; oorreed mense wat meer gode wil aanbid.
 Min te sê of Lukas akkurate geskiedenis gee. Is nie geskiedenis wat Lukas skryf as geskiedenis, wat vir Beverly interesseer nie, maar “storytelling”. Haar fokus: Hoe werk die verhaal wat hy vertel?
 Beverly wil ’n alternatiewe reeks vrae stel: Bv: Nie belangrik hoeveel diakens daar was en wat elkeen se naam is nie, maar hoe die ontvangs van die prediking in hul lewe practise gemaak word.
 Lukas se bekendste storie oor volksregistrasie.
 Pontius Pilatus – Woord van God kom tot Johannes.
Lukas weet iets van mag: name van “powers to be”; Lukas ken verskil tussen onderskeie amptenare en hul range / posisies in die strukture.
Die “emporer” het nie beheer oor die lewe van kinders nie
Lukas ken die name van sleutel akteurs – weet ook dat hul mag niks beteken nie. Ware mag behoort aan God.

Hoe maak die kerk keuses en neem besluite?
 Daardeur word getoon hoe die kerk mag verstaan.
Handelinge 1:6-11: Julle sal my getuies wees. Vgl met Matteus se groot opdrag – die apostels hoor dit blykbaar nie so nie.. Getuig in Jerusalem.
Handelinge 10 – uitegedryf. Geen strategie; geen sending plan; gaan waar Gees dryf. Die kerk maak nie haar eie besluite nie. God neem besluit. Die kerk speel “opvang” met wat God besluit het.
Opdrag aan Paulus en Barnabas: “Ons” factor – God uit die verhaal. Hand 1: Judas vervang; Hand 6 – Gemeente besluit; Hand 11 – Jerusalem gemeente; Hand 15 – Jakobus besluit teen liberale strandpunt. Verskillende groepe & individue is betrokke in besluitneming. Wie is in beheer?

Lukas se verhaal is ingewikkeld
 Tyson se beskouing: Verandering in leierskap – van apostels in Jerusalem na Christen leiers in heiden deel van die res van die kerk.
 Lukas is minder began oor die “wie” van leierskap as in God. Lukas maak nie fyn onderskeidinge tussen Petrus & Paulus nie. Selfs sy weergawe van hul toesprake is dieselfde.
 Dus: Nie leiers as sodanig & wie neem belsuite nie, maar hoe dit gemaak word. Minder personeel-vrae as proses-vrae.
 Besluit van kerk om grense uit te brei na Heidenwêreld. Hoogtepunt – Apostelkonvent. Handelinge 10. Kornelius – dalk nog verder terug na Eunug se bekering; dalk nog verder terug…; selfs tot Jesus se genealogie of Simeon se lied by Johannes se geboorte.
 Vir ons NB! Besluit van insluiting van heidene in kerk, is deurslaggewende draaipunt. Petrus moet himself verdedig teenoor kritiese Jerusalem gehoor. Twee kenmerke: (i) Insluiting van Kornelius kom as resultaat van God se besluit. God se Gees gee leiding. Hoofstuk 11 – dieselfde gevolgtrekking by Jerusalem; (ii) God se keuse vir heidene eis dat die kerk tot bekering moet kom.
 Petrus reageer telkens eers wanneer die Heilige Gees hom oorreed. Gaan al duideliker word na Hand 11 – Hfst 15 wys dit. Wat moet heidene doen om deel te word van die kerk? (Hand 15) – groot onrus ontstaan. Afvaardiging word met vreugde in Jerusalem ontvang, maar die onrus verdwyn nie (vers 5). Paulus se toespraak: God het… Waarom dan vir God toets?
 Handelinge 11 – Petrus beklemtoon wat hy gedoen het.
 Handelinge 15 – Fokus op God. Sy optrede en beslissings (teosentries). Jakobus neem Paulus se woorde op. “People” – algemene woord vir volk van Israel (Gr. laos). Selfs onder die heidene. Jakobus beweeg van teenwoordige tyd & gebeure na die Skrif.
 Finale opmerking: “Thus says the Lord…” Gevolgtrekking; Respons tov Jakobus se toespraak – Kerk in Jerusalem aanvaar besluit met vreugde en die sending van die kerk groei.
 Stappe in Hand 15: (i) Gemeenskapservaring wat teologies verteer is. Rapporteer “ons ervaring van God” – nie individualistiese ervaring nie. Dus: ervaring van die gemeenskap – teosentries geinterpreteer; (ii) Lees van die Skrif. Hoe moet dit gelees / verstaan word? Nie individualisties nie – “Bold move” – ons ervaring stem ooreen met Skrif. Dus: net wat God bedoel het. Skrif gee criteria om taal vir verduideliking te verskaf; (iii) Tradisie. Heidene moet tradisies ken; (iv) Gemeenskap se instemming: “Ons het besluit!”

Wat die teks nie sê nie
 Niemand verlaat die kerk nie.
 Nie kommer.
 Nie regsgesprekke.
 Is ons besluitneming nie baser op sekondêre kwessies nie?
 Mag: Powers; God; Satan
 Wat is die regte / ware wêreld? Tradisie / instemming van gemeenskap. Is dit nie die verkeerde punt om oor missional kerk te begin praat nie?

Trackback from your site.

Leave a comment