{ARGIEF}

Handelinge: Pinkstervoorbereiding [VBO 9]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Johan du Plessis en Eddie Orsmond
Datum: 20 – 22 April 2010
Plek: Stellenbosch

Die kursus skep ‘n ruimte waarbinne die Boek Handelinge individueel en gesamentlik gelees word. Deur ‘n proses van fasilitering sal deelnemers ingelei word in Communitas se Handelinge-projek, en begelei word om individueel die volledige teks van die Boek Handelinge in ‘n situasie van afsondering deur te lees, asook in groepsverband daaroor te reflekteer. Die gestelde uitkomste van die kursus is dat kursusgangers ingelig word oor die hele Handelinge-projek, asook van die belangrikste planne en uitkomste. Belangriker is dat die kursus in die formaat van ‘n soort Retreat aangebied word waar mense in die drie dae deur die hele Boek Handelinge lees. Dit kan ook dien as voorbereiding vir Pinkster, of vir ‘n leesprogram deur Handelinge in die gemeentes.