{ARGIEF}

Liturgie en liturgiese leiding (VBO 13) 

21-23 September 2009

 

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders:   Cas Wepener, Coenie Burger en Michiel Strauss
Datum:  21-23 September 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:  Die Sondagerediens is en bly die belangrikste gemeentelike byeenkoms van die week.  `n Mens kan jou moeilik `n lewende, missionêre gemeente voorstel sonder `n lewende, sinvolle erediens.  In hierdie kursus gaan gekyk word na sinvolle erediensviering en –vernuwing. Wie die gemeente is en wat in die gemeente ‘n sorgsisteem genoem word? Ons kan nie koinonia skep deur ons bediening nie, ons kan alleen ruimtes oopmaak sodat die goddelike gebeure wat ons koinonia noem, kan plaas¬vind. Binne hierdie ruimtes sorg mense vir mekaar.
Inhoud:  Daar sal aandag gegee word aan verskillende aspekte van die erediens:

  • Die Bybelse bedoeling met die erediens
  • Kort oorsig van wat in die geskiedenis gebeur het en wat in verskillende tradisies aan die gebeur is
  • Spesiale aandag aan hoe ons dink oor die teenwoordigheid van God in die erediens
  • Die plek van die sakramente, simbole en ander rituele
  • Die rol van die liturg
  • Hoe `n erediens en preekwerkgroep kan help om die gehalte van ons eredienste te lig
  • Erediens en preek
  • Die plek en rol van sang en musiek
  • Goeie aandag aan die klimaat van die erediens: erediens as plek van tuiskoms en versorging

Uitkomste:
• `n Beter verstaan van wat die erediens veronderstel is om te wees
• `n Teologiese begrip van hoe die Drie-enige God in die diens teenwoordig is en werk