{ARGIEF}

Apologetiek / Geloofsverantwoording [VBO 1]  

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

 
Aanbieders: Gerrit Brand
Datum: 9 – 11 Februarie 2010
Plek: Stellenbosch
Datum: 15 – 17 Maart 2010
Plek: Suid-Kaap
by NG Gemeente Hartenbos

Tema en doel: 
Hooftitel
:  Geloofsverantwoording (apologetiek)
Subtitel: Hoe antwoord ons die moeilike vrae wat oor geloof gevra word?
“Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking (άπολόγίαν) eis oor die hoop wat in julle lewe.” (1 Petrus 3:15b)
Die doel met die kursus is om dominees as “apologete” toe te rus – gereedskap te verskaf waarmee hulle sinvol met gemeentelede en ander in gesprek kan tree oor kritiese vrae wat uit die wetenskap, die filosofie, ander godsdienste en die ervaringswêreld van vandag oor die geloofwaardigheid van Christelike oortuigings gestel word.

Inhoud:
• Apologetiek en die Bybel (Wat sê die Bybel oor geloofsverantwoording? Is daar apologetiek in die Bybel?)
• Apologetiek deur die eeue (Hoe nuut is die “nuwe” kritiek op die Christelike geloof?)
• Is apologetiek nodig? (Moet geloof redelik wees? Wat beteken “redelik” in elk geval? Teologie as apologetiek)
• Verskillende soorte apologetiek (klassiek, evidensieel, kumulatief, presup-posisioneel, “Gereformeerd” en so meer)
• Hoe weet ons God bestaan? (Is Godsbewyse oortuigend?)
• Geloof en wetenskap (skepping en evolusie, vrye wil, Goddelike handeling en natuurwette, bonatuurlike en natuurlike verklarings, ens)
• Die teodisee-vraagstuk (Hoekom is daar lyding in die wêreld as God volmaak goed en almagtig is?)
• Geloof en kritiese Bybelwetenskap (Kan ons die Bybel nog glo? Wat van die historiese Jesus?)
• Die Christelike geloof en ander godsdienste/lewensbeskouings (Is net ons geloof waar? Kan net Christene gered word?)
• Ander kritiese vrae oor die Christelike geloof.
• Onlangse publikasies op die gebied van die apologetiek.

Uitkomste:
• Mense wat die kursus voltooi het, moet ’n selfstandige mening oor die noodsaak, al dan nie, van rasionele geloofsverantwoording kan stel en verdedig.
• Mense wat die kursus voltooi het, moet beter toegerus wees vir gesprekke met lidmate en ander oor kritiese vrae rondom geloof in ons tyd.
• Mense wat die kursus voltooi het, moet in staat wees om oor elk van die vrae wat behandel is, ’n standpunt te kan ontwikkel, maar ook die sin van alternatiewe standpunte in te sien.
• Mense wat die kursus voltooi het, moet hulle beter in staat voel om gehoor te gee aan die opdrag in 1 Petrus 3:15 – ook in gesprek met kritiese gelowiges en soekende andersdenkendes.