{ARGIEF}

Winterskool 2016

Winterskool 2016

 

Die Winterskool wat jaarliks deur die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, in samewerking met Communitas en Ekklesia aangebied word, vind vanjaar plaas van Dinsdag 31 Mei tot Donderdag 2 Junie 2016.

Die tema: A home for us all – the future of Christianity and our youth in Africa is baie aktueel vir die tyd waarin ons nou lewe.
 Ons is baie bewus daarvan dat daar tans verskillende groepe is wat ontuis voel in Suid-Afrika of sekere dele van Suid-Afrika. Dit is nie hoe dit hoort nie.
 Ons glo dat Christene in Suid-Afrika kan help om ‘n tuiste vir almal te skep.
 Ons glo dat die Bybelse waardes aan ons riglyne verskaf om ons visie te bereik.
 Ons besef dat die ouer geslag gesukkel het om hierdie visie van ‘n tuiste vir almal uit te leef, maar glo dat die jonger geslag ons daarmee kan help.
In 1976 het baie jong mense met die Soweto-opstande geveg vir ‘n beter onderwysstelsel en ‘n beter Suid-Afrika vir almal.
Veertig jaar later kan ons die volgende vrae vra:
• Is Suid-Afrika ‘n tuiste vir almal?
• Wat is die rol van die kerk om ‘n tuiste vir almal te skep? Sal die kerk ‘n tuiste vir ons kinders en kleinkinders wees?
Die hoofsprekers is
Ds Esmé Bowers, predikant van die Volle Evangelie Kerk en prinsipaal en direkteur van uitreike van “Happy Feet”,
Me Lovelyn Nwadeyi, nagraadse student in Politieke Wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, en
Prof Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland en voormalige hoof van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys.

Talle parallelle sessies sal by die tema aansluit.
Vanweë die ekumeniese aard van die konferensie, sal Engels hoofsaaklik die taal van aanbieding wees.
Die Winterskool vind plaas by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch.

Vir die volledige program, kliek hier: Winter School 2016 Home Print VersionDie koste beloop R350 vir die volle kursus; predikante en jeugwerkers kan egter inskryf teen ‘n spesiale subsidiefooi.
Om in te skryf, kliek hier: WinterskoolRegistrasievorm2016
Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 20 Mei 2016.

Navrae:
Helette van der Westhuizen, tel: 021 808 9560; e-pos: hvdwest@sun.ac.za
Wilma le Roux, tel: 021 808 3624; e-pos: wler@sun.ac.za