{ARGIEF}

Ontwikkeling van persoonlike leierskapsvaardighede

 

Communitas nooi jou graag uit na die volgende aanbieding van die “Signature” werkwinkel van Stephen R Covey die 7Habits of Highly Effective People . Vir die afgelope 9jaar is Communitas ‘n lisensiehouer om hierdie uitstekende werkswinkel vir gemeente- en gemeenskapsleiers te kan aanbied en kan ons daarom hierdie internasionaal bekende werkwinkel aanbied teen ‘n veel laer prys as in die korporatiewe mark.

 

Die program is onlangs herskryf en is nou, selfs meer as in die verlede gemik daarop om die 7gewoontes van effektiwiteit te integreer in jou persoonlike en beroepslewe. Van die honderde predikante, gemeente- en gemeenskapsleiers wat die werkswinkel in die verlede by ons bygewoon het, beskou dit as een van die beste kursus-ervarings van hulle lewe wat hulle bemagtig om hulle roeping met groter effektiwiteit te kan uitleef.

 

Die werkswinkel word in Afrikaans en Engels aangebied deur Pierre Goosen en Frederick Marais. Omdat die werkswinkel baie interaktief is, is daar ‘n beperking op die getal kursusgangers en moedig ons jou aan om betyds in te skryf.

 

Signiture workshop 7 Habits of Highly effective people

Dag 1:   Beginsels van effektiwiteit  

            Gewoonte 1: Wees pro-aktief  

            Gewoonte 2: Begin met die einde in gedagte  

 

Dag 2:  Gewoonte 3: Belangrikste dinge eerste 

            Gewoonte 4: Dink wen-wen  

            Gewoonte 5: Luister eers voordat daar na jou geluister word

 

Dag 3:  Gewoonte 6: Skep sinergie 

            Gewoonte 7: Slyp die byl

  

Datum:     23-25 Junie 2009

Plek:         Communitas(Teologiese Fakulteit Stellenbosch)
Koste:      R3 000 (Middagetes en tee ingesluit)

 

Navrae:        Pierre Goosen: tel: 021-808 2914

Inskrywings: Divine Robertson: tel: 021-808 3265, e-pos: dr@sun.ac.za