{ARGIEF}

 Happiness1

 Happiness


Happiness2

“Mens moet net nie jou vreugde verloor nie!” herinner iemand. Maar hoe hou jy dit? Hoe ontdek jy dit?
Navorsing wys dat gelukkige mense meer suksesvol is. Om eenvoudig elke dag drie dinge neer te skryf waarvoor jy dankbaar is, het ’n merkwaardige positiewe effek om te floreer. En wanneer jy gelukkiger is, maak jy ander rondom jou ook gelukkiger!
Kom ons gebruik die navorsing deur die opbloei van die Positiewe Sielkunde om nie net jou eie nie, maar ook die lewensblyheid van jou gemeenskap te verbeter!
Is dit nie juis Jesus se vreugde wat mense na Hom aangetrek het nie?

Van 8-10 September kyk Marius Ungerer, Jannie le Roux en Nadia Marais na praktyke om meer te floreer.
Skryf in vir die kursus: Geluk: Deugde om te Floreer!
Kliek hier vir die Inskrywingsvorm: VBO 11 Happiness_Virtue practices to flourish
Sluitingsdatum: 1 September 2015

Lees verder as jy meer inligting verlang … 

Geluk: Deugde-in-Praktyk om te Floreer:

VBO-kursus oor “happiness”

8-10 September 2015

Is die kerk die plek waar mense regtig vreugde kan vind, en hoe om dit te beleef? Hoe help ons geloofsgemeenskappe om te floreer? En myself?
Die ontploffing van navorsing en literatuur oor “happiness” en die opbloei van die Positive Psychology dui op ʼn positiewe beweging waarvan leiers moet kennis neem en implementeer vir hulle eie lewensblyheid sowel as vir dié van die gemeenskappe wie hulle lei.
As jy “happiness” google, gee dit reeds 324 000 000 resultate!
Hierdie lens gee ʼn innoverende manier om te kyk na die geloofslewe in praktyk en help met die Johannes 10:10 perspektief – “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

  • Deelnemers word bekendgestel aan die baanbrekerswerk van Christopher Peterson en Martin E Seligman wat ʼn raamwerk gee van meta-vaardighede en universele deugde. Bv: Lewenslus (“zest”) en hoop is twee van die meta-vaardighede wat veerkragtigheid (“resilience”) vir lewens-satisfaksie bevorder.
  • Onderskei tussen verskillende vorme van geluk.
  • Jy word kans gegee om jou sterkpunte te ontdek en meer daarop te fokus.
  • ʼn Gesprek word gelei oor: God en die kuns van geluk.
  • Toepaslike videogrepe word gewys en die skakels verskaf vir eie aanbiedings.
  • Elkeen word blootgestel aan reflektiewe rituele wat hierdie meta-vaardighede en universele deugde help integreer deur ervaring.
  • Jy leer eenvoudige praktyke wat elke dag beoefen kan word om meer te floreer.
  • Die materiaal word in pdf-vorm aan die einde van die kursus vir jou gestuur.

Ons weet reeds vanuit die Bybel dat ons gelukkig en geseënd kan wees, maar almal sukkel met die HOE daarvan. Die kursus uitkoms is die lewenshouding van oorvloed, integrasie van vreugde, en om elkeen te bemagtig om die materiaal aan te bied in eie konteks.
Die voorgeskrewe boek is Leadership for all – virtue practices to flourish (Marius Ungerer, Johan Herholdt en Jannie le Roux).  Die koste hiervan is ingesluit by die kursusfooi.