{ARGIEF}

Bou jou eie pizza

–  Gemeentehulpmiddels vir musiekbediening


MusicWorkShop-Image
Ons nooi jou graag na ‘n opwindende eendag-kursus oor Kontemporêre Musiekbediening:

Bou jou eie pizza –  Gemeentehulpmiddels vir musiekbediening 

Wanneer: 23 Julie 2015
Waar: Bybel-Media, Wellington
Aanbieders: Faani Engelbrecht en Nico Simpson
VBO-punte: 5

Die beste pizza-plekke gee aan jou die geleentheid om jou eie pizza te bou, want:

as jou gesin soos my gesin is, hou die een van sampioene, maar nie van pynappel nie;

die ander een verkies spinasie, terwyl die ander een ’n karnivoor is wat net vleis en ekstra kaas verkies.

Musiekbediening werk mos maar dieselfde.

Jou gemeente verkies om geen dromme te hê nie, maar hulle sal heerlik saam met ’n kitaar sing.

Die buurgemeente kan nie sing sonder elektriese kitare en techno-klanke nie.

Vir gemeentes wat aangewese is op ‘backtracks’, kan dit egter moeilik raak, omdat jy eenvoudig moet vat wat jy kan kry.
Brandhout Multitracks is ’n rekenaarprogram en 20 liedere (multitracks)  wat jy self kan opstel en manipuleer volgens jou gemeente se eiesoortige behoeftes.  Jy kan selfs die toonhoogte en tempo van die lied bepaal!

  • Hierdie 1 dag-kursus word aangebied deur Ds. Faani Engelbrecht  en Nico Simpson – in samewerking met Bybel-Media se kantoor vir kerkmusiek.
  • Die kursus kos R750, maar sluit die volledige pakket en rekenaarprogram (ter waarde van R2000) in!
  • Kursusgangers moet hulle eie rekenaars en oorfone bring (’n tablet sal nie werk nie en Apple nie verkieslik nie).

Faani sal die program stap vir stap verduidelik en jou wys hoe om dit uiteindelik in jou musiekbediening in te span.
Wie sal baat vind hierby?

  • Enige predikant of musiekleier wat al ooit gesukkel het om ’n musiekbedieningspan op die been te bring
  • of een gedurende die vakansie bymekaar te kry.
  • Gemeentes wat glad nie ’n musiekbediening het nie, wat graag Flam-liedere wil sing en aangewese is op backtracks.
Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier:  VBO14 Bou jou eie Pizza _ Kontemporêre Musiekbediening
Skryf in VOOR 19 Julie