{ARGIEF}

 family single parent

Hoe kan FAMILIEBEDIENING werk

in gemeentes,

huishoudings, skole

en binne ‘n missionêre bediening?

family1

Ouers se verantwoordelikheid ten opsigte van hul kinders is ‘n verbondsverantwoordelikheid.  Ouers is dus ongeag van hul toegerustheid die primêre geloofsbemiddelaars van kinders – die oordra van geloofswaarhede moet by húlle begin. Die gesin bly daarom die belangrikste geloofsbemiddeling-sisteem in die gemeente vanwaar die verlossingboodskap uitgedra moet word.
Dr Christo Thesnaar skryf egter in ʼn artikel dat die woord “familie” baie meer beskrywend is van die verskillende vorme van huishoudings (waarvan ons in die Bybel lees en wat vandag nog bestaan) as die woord “gesin”.
Hy verwys dan na ʼn boek van Richard Olson en Joe Leonard: “A new day for family Ministry” waarin hulle die stelling maak dat ’n familie ’n netwerk is waar twee of meer familielede op ’n emosionele, biologiese en wetlike vlak verskeie dinge met mekaar deel.
Dr Thesnaar skryf hieroor: “Vertaal in ons konteks sou ons kon sê: ’n Familie is ’n veilige plek waar die lede van die familie die ervaring van “behoort” het; sorg dra vir mekaar; saamgebind is deur hulle storie; bewus van en ingestel is op mekaar se agendas en aspirasies vir die toekoms; en wat leef en wandel in die teenwoordigheid van die Here en dit na buite toe uitleef. Dít is die kern van familiewees …”
Kom luister en gesels op 22-24 April saam oor Familiebediening.
Ons gaan praat oor:

  • Nuutste tendense en navorsing oor geloofsvorming en familiebediening in die afgelope drie dekades – kursusgangers word blootgestel aan die struikelblokke verbonde aan familiebediening wat gemeentes afgeskrik het, en leer skep ‘n nuwe raamwerk waarbinne familiebediening wel floreer. Kom ontdek die strategie wat werk vir jou gemeente.
  • Die vyf teologiese uitgangspunte van geloofsvorming in die gemeente en huishouding – Om die teologiese uitgangspunte aan die orde te stel sodat gemeentes gemaklik die raamwerk, wat later verduidelik word, op die uitgangspunte kan bou. “Geloof word ingeleef en nie aangeleer nie.”
  • Ontdek die 4 SLEUTELS wat geloof in huise prakties maak en maak nader kennis daarmee, naamlik: liefdevolle gesprekke, stilwordtye, dade van diens en rituele en tradisies.
  • Help bou aan julle gesinne/families se “familie-sterktes” en bied so aan gemeentes riglyne waarlangs hulle families kan help om hulle eie sterktes te ontdek en uit te bou.
  • Sosiale Media en Familiebediening – Deel 1, waar kinder- en jeugmentors in staat gestel word om ouers se begrip van sosiale media uit te bou en hulle te help om insig in hulle kinders se betrokkenheid by sosiale media te kry.
  • Sosiale Media en Familiebediening – Deel 2. Hier word kinder-, jeug- en familiementors in staat gestel om sosiale media in familie-bediening sinvol aan te wend.
  • ‘n Nuwe verstaan van Kinderbediening  met die oog op Familiebediening: op die voetspore van Jesus Christus. Hier is die doel om gemeentes ‘n nuwe denkraamwerk te help vorm oor die wyse waarop hulle kinderbediening benader en doen, met spesifieke verwysing na die nuutste ontwikkeling in gemeentevernuwing
  • Nuutste tendense in jeugbediening in die lig van die #Imagine jeugbyeenkomste – Hier word kursusgangers bekendgestel aan die nuutste ontwikkelinge in jeugbediening met spesiale verwysing na die huidige Suid-Afrikaanse konteks.
  • Gee gesinne/families die toerusting om hulle eie spiritualiteit te ontdek en uit te leef. Kursusgangers word bewus gemaak van die feit dat elke gesin/familie hulle eie spiritualiteitstipe het en dat hulle toegerus moet word om mekaar se geloof te vorm. “A lot of parents are overwhelmed and are content to outsource their children’s religious development, ”says Muldoon.“We teach our children manners, language, even things about sports we like, but we don’t want to teach them religion? Ours is a culture of pluralism and so we have to be more deliberate about what it is we want to pass on.”
  • Kampbediening as ‘n integrale deel van Gesins-/of Familiebediening – kursusgangers word bebekendgestel aan die nuutste tendense en beste praktyke in kampbedienings met die oog op familiebediening.

Die aanbieders is Deon Kitching, Denvor Wagenaar, Andriëtte de Ridder en Gielie Loubser.

Om in te skryf, kliek hier: VBO 14 Familiebediening
Vir meer inligting: Kontak Wilma by 021-808 3624