{ARGIEF}

 singlefamily

FAMILIEBEDIENING

– hoe werk dit?

 clip_families

Hoe werk familiebediening in gemeentes,

in huishoudings, in skole en

binne ‘n missionêre bediening in ons gemeentes?

Wérk dit?

In Richard Olson en Joe Leonard se boek: “A new day for family Ministry” maak hulle die stelling dat ’n familie ’n netwerk is waar twee of meer familielede op ’n emosionele, biologiese en wetlike vlak verskeie dinge met mekaar deel.
Dr Christo Thesnaar skryf so hieroor: “Vertaal in ons konteks sou ons kon sê: ’n Familie is ’n veilige plek waar die lede van die familie die ervaring van “behoort” het; sorg dra vir mekaar; saamgebind is deur hulle storie; bewus van en ingestel is op mekaar se agendas en aspirasies vir die toekoms; en wat leef en wandel in die teenwoordigheid van die Here en dit na buite toe uitleef. Dít is die kern van familiewees …”

Ons gaan op 29 -31 Oktober 2014 op Hartenbos saamdink, saamwerk en saamdroom oor Familiebediening.


Daar gaan gepraat word oor dinge soos:

  • Wat is die vyf teologiese uitgangspunte van geloofsvorming in gemeentes en in huishoudings? “Geloof word ingeleef en nie aangeleer nie.”
  • Ontdek die 4 SLEUTELS wat geloof in huise prakties maak:  liefdevolle gesprekke, stilwordtye, dade van diens en rituele en tradisies.
  • Watter nuwe tendense en navorsing was daar oor geloofsvorming en familiebediening in die afgelope drie dekades – en wat is die struikelblokke? Kom ontdek die strategie wat werk vir jou gemeente.
  • Help bou aan jou gesin/familie se “familie-sterktes”. Bied  riglyne aan gemeentes waarmee hulle families kan help om hulle eie sterktes te ontdek en uit te bou.
  • Leer hoe om ouers se begrip van sosiale media uit te bou en hulle te help om insig in hulle kinders se betrokkenheid by sosiale media te kry; en hoe om sosiale media in familie-bediening sinvol aan te wend.
  • ‘n Nuwe verstaan van Kinderbediening: op die voetspore van Jesus Christus. Kom help vorm ‘n nuwe denkraamwerk waarop kinderbediening benader en gedoen kan word.
  • Gesels oor die nuutste tendense in jeugbediening in die lig van die #Imagine jeugbyeenkomste – ontdek die nuutste ontwikkelinge in jeugbediening spesiale vir die huidige Suid-Afrikaanse konteks.
  • Gee gesinne/families die toerusting om hulle eie spiritualiteit te ontdek en uit te leef. Kursusgangers word bewus gemaak van die feit dat elke gesin/familie hulle eie spiritualiteitstipe het en dat hulle toegerus moet word om mekaar se geloof te vorm. “A lot of parents are overwhelmed and are content to outsource their children’s religious development, ”says Muldoon.“We teach our children manners, language, even things about sports we like, but we don’t want to teach them religion? Ours is a culture of pluralism and so we have to be more deliberate about what it is we want to pass on.”
  • Kom hoor wat is die nuutste tendense in kampbediening met die oog op familiebediening.

Die aanbieders is Deon Kitching en Gielie Loubser.
Om in te skryf, kliek hier: VBO 14b Familiebediening
Vir meer inligting: Kontak Wilma