{ARGIEF}

Coenie Burger en Braam Hanekom het die werkswinkel oor die twee en ’n halwe dag aangebied.

 

Coenie Burger het die volgende temas behandel:

  • Om weer ja te sê vir Christus en die evangelie
  • Om weer ja te sê vir my roeping as predikant
  • Om weer ja te sê vir my roeping in my gemeente in Afrika

Braam Hanekom het weer op sy beurt oor die volgende onderwerpe gepraat:

  • Basisteorie oor leierskap en die plek van visionering
  • Spanne, konflik en kommunikasie
  • DVD oor ’n onderhoud met Warren Bennis
  • Emosionele intellegensie, selfbestuur en wysheid

Daar
was geleentheid vir kleingroepgesprekke waar die aanwesiges in groepe
van vyf persone verdeel het vir Wandel in die Woord en vir bespreking
rondom die roepingsverhale van die persone in die kleingroep. Die
materiaal wat by die VBO-geleentheid uitgedeel is, het ook bepaalde
artikels oor leierskap en die rol en funksie van predikante bevat.