{ARGIEF}

VBO 14 : Geloofsformasie in Dissipelskap – bediening in die lewe

27-29 Augustus, Stellenbosch

Nico Simpson en Coenie Burger

In hierdie kursus word daar gefokus op die saak van geloofsformasie met die oog op dissipelskap. Die kursus sluit aan by die 9-punt rooster oor predikantswerk soos dit in die VBO boekie verduidelik word. Die doel is om die middelste been oor die vorming van geloof, hoop en liefde van nader te bekyk en beter te probeer verstaan presies hoe die vorming gebeur.

In die kursus sal die volgende sake aandag kry:

• `n Sterker klem op vorming of formasie as `n wesenlike oogmerk van die bediening.
• Die vorming spesifiek van geloof, hoop en liefde as die drie basiese deugde van `n Christelike lewe. Daar sal in diepte gekyk word na elkeen van hierdie drie deugde en wat dit omvat.
• Hoe formasie in `n gemeente-verband plaasvind.
• Daar sal aandag gegee word aan die verband tussen dissiplines en die vorming van deugde.
• Daar sal ook gekyk word na die rol wat die gewone bedieningsmodi (prediking, liturgie, pastoraat, ens) in dié verband kan speel.

Kliek hier vir die inskrywingsvorm:
VBO14_Geloofsformasie in Dissipelskap