{ARGIEF}

VBO 6b Geloofsreis 1.2 Die innerlike reisVBO 6a Geloofsreis 1.1 Emosioneel gesonde spiritualiteit

Geloofsreis vir

Predikante

 Sentrum vir Geloofsvorming

Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping.
Die Geloofsvormingsreis of beter bekend: Geloofsreis vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied. Dit was oorspronklik geskeduleer om te bestaan uit 3 retraits in die eerste jaar van die reis.

Dit het egter vir predikante al hoe moeiliker geraak om soveel dae in een jaar uit hul gemeentes te wees vir kursusse of opleiding. Daarom het die Sentrum vir Geloofsvorming nou die Geloofsreis herskeduleer om ook net 2 retraits per jaar te beslaan.

Die doel van hierdie Geloofsreis
Dis om deelnemers te help om

  • Eerstehands met Jesus te leer lewe (Dissipelskap)
  • Hulself te leer ken (want Almost all problems in the spiritual life stem from a lack of self-knowledge -St Teresa of Avila)
  • Innerlik verander te word (Geloofsvoming)
  • meer vry en heel, meer mens en meer diensbaar te word

Die datums lyk nou soos volg :        

Retraite 1: Emosioneel gesonde spiritualiteit
19–22 Mei 2014
Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazzero.
Boeke aanbeveel: Pete Scazzero: Emotional healthy spirituality en Emotional healthy church (Die laaste een opsioneel)
Werkboek: R50
Begeleier: Gys van Schoor saam met Albertus Louw en Andri Eloff
Plek: Wortelgat
Kliek hier vir ‘n Inskrywingsvorm:   VBO 6a Geloofsreis 1.1 Emosioneel gesonde spiritualiteit
Retraite 2: Die innerlike reis: vals self vs ware self
15–18 Sep 2014
Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming.
Boeke: Basil Pennington: False Self vs True Self; Brennan Manning: Abba’s Child
Werkboek: R100
Begeleiers: Gys van Schoor en Pierre Goosen
Plek: Hermanus
Kliek hier vir ‘n Inskrywingsvorm:  VBO 6b Geloofsreis 1.2 Die innerlike reis

Die aanvanklike curriculum was ‘n reis van 3 jaar waar predikante op 4-dag retraits gaan, om in ʼn rustige omgewing begelei te word tot groei en verandering. Nou kan jy egter voortgaan met die reis ná voltooiing van die eerste 3 jaar, want daar is vanjaar nog 2 retraits bygevoeg.

Vir meer inligting oor die res van die reis, lees die artikel verder af oor die Geloofsreise as geheel.