{ARGIEF}

Geloofsreis

vir

Predikante

 Sentrum vir Geloofsvorming

Geloofsvorming is ʼn lewenslange reis saam met Jesus. Dit impliseer ʼn proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping.
Die Geloofsvormingsreis (verkort: Geloofsreis) vir predikante word reeds ʼn aantal jare as ʼn VBO kursus deur Communitas in samewerking met die Sentrum vir Geloofsvorming aangebied.
Die Geloofsreis het ʼn aanvanklike curriculum van 3 jaar waar predikante op 4-dag retraits gaan, en waar hulle in ʼn rustige omgewing begelei word om op verskillende vlakke te groei en verander. Predikante wat die 3 jaar se reise voltooi het, word vanaf vanjaar ook genooi om steeds voort te gaan met die reis, want daar word nou nog 2 retraits bygevoeg.
Maar wat behels hierdie Geloofsreis nou eintlik?
Gys van Schoor, begeleier, skryf só hieroor:

Die Geloofsreis wil ons help om

  • Eerstehands met Jesus te leer lewe (Dissipelskap)
  • Onsself te leer ken

Almost all problems in the spiritual life stem from a lack of self-knowledge. (St Teresa of Avila)

  • Innerlik verander te word (Geloofsvoming)
  • Meer vry en heel te word
  • Om meer mens te word
  • Om meer diensbaar te word

 

Die 2 persone wat die Here gebruik het

om my op ‘n nuwe pad te lei was:

  • NT Wright

(Seker die voorste Nuwe Testamentikus tans in die wêreld)

  • Dallas Willard

(Professor in Filosofie, VSA)
Dallas het die kerk in die wereld gehelp om weer dissipelskap en geloofsvorming ernstig op te neem

 

Hier is links waarna jy kan gaan kyk op You Tube

NT Wright – Simply Jesus

NT Wright – How God became King

Dallas Willard – The cost to follow

Lees verder vir meer inligting en inskrywingsvorms … 
Geloofsreis Jaar 1
Retraite 1: Emosioneel gesonde spiritualiteit
3–6 Maart 2014
Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazzero.
Boeke aanbeveel: Pete Scazzero: Emotional healthy spirituality en Emotional healthy church (Die laaste een opsioneel)
Werkboek: R50
Begeleier: Gys van Schoor saam met Albertus Louw en Andri Eloff

Retraite 2: Ons het ons misgis met Jesus
19–22 Mei 2014
Ons herontdek saam Jesus se evangelie.
Boeke: NT Wright: Simply Jesus en How God became King
Werkboek: R50
Begeleier: Gys van Schoor

 
Retraite 3: Die innerlike reis: vals self vs ware self
15–18 Sep 2014
Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir geloofsvorming.
Boeke: Basil Pennington: False Self vs True Self; Brennan Manning: Abba’s Child
Werkboek: R100
Begeleiers: Gys van Schoor en Pierre Goosen

Geloofsreis Jaar 2
Retraite 2:1: MBTI
3–6 Maart 2014
Hier word na die skadukante van die MBTI gekyk. Dit is die deel van die MBTI waarvan ons die minste weet.
Weereens word hier gefokus op selfkennis.
Notas: R50
Begeleier: Dr George Roux

Retraite 2:2: Dissipelskap en Geloofsvorming  
29 Sep – 2 Okt 2014
Dallas Willard help ons met ons eie Dissipelskap en Geloofsvorming
Boek: Dallas Willard: The Great Omission
Notas: R50
Begeleier: Gys van Schoor

Geloofsreis Jaar 3
Retraite 3:1: Kontemplatiewe Spiritualiteit
17–20 Feb 2014
Willem lei ons in die kontemplatiewe wêreld in.
Begeleier: Willem Nicol
Notas R70

Retraite 3:2: Die praktiese implikasies van die Geloofsreis vir jou bediening
17–20 Nov 2014
Hier word nagedink oor die implikasies van die Geloofsreis vir die breër kerk, maar veral vir jou gemeente.
Begeleiers: Gys van Schoor en Frederick Marais

Vir mense wat verder reis na die 3 jaar is daar 2 stoppe:
Stop 1: Seisoene van die siel
10–13 Maart 2014
Riaan hanteer sy boekie oor spiritualiteit.
Begeleier: Riaan van der Merwe

Stop 2: Stilte retraite
24–30 Nov 2013
Begeleier: Riaan van der Merwe