{ARGIEF}

Christelike Geloof en Wetenskap

15 – 17 Oktober (Stellenbosch)

Aanbieder: Prof Dirkie Smit

 
Die dramatiese vooruitgang in wetenskaplike ontwikkelinge en toepassinge oor die afgelope eeue – ‘n mens kan selfs praat van onlangse dekades – laat niemand onaangeraak nie. Dié ontwikkelinge vind plaas reg oor die wye terrein van álle wetenskaplike dissiplines, van natuurwetenskappe tot by sosiale, ekonomiese en geesteswetenskappe.
Nie alleen die vakinhoude – die ontdekkings en insigte – van die wetenskap nie, maar ook die wêreldbeeld wat daarmee onherroeplik verander en die alledaagse belewenis van mens-wees wat daardeur onherroeplik gestempel word, maak ons almal tot die mense wat ons vandag ís. Dié wetenskaplike tydsgees verander nie net wát ons dink nie, maar ook hóé ons dink, word soms gesê.
Ons leef met steeds veranderende vanselfsprekendhede, oortuigings en waardes.
Om dié rede beleef vele gelowiges – op vele en uiteenlopende maniere – dat hierdie ontwikkelinge in konflik staan met hulle Christelike geloof en hulle diepste oortuigings

  • aangaande waarheid,
  • aangaande die lewe en
  • aangaande mens-wees en geluk. 

In dié drie-dag kursus word nagedink oor hierdie temas.

  • Staan Christelike geloof en wetenskaplike ontwikkelinge inderdaad téénoor mekaar, of dalk nié?
  • Handel geloof en wetenskap oor twee verskillende kante van mens-wees, sodat hulle mekaar nié beïnvloed en (kan) bedreig nie, of is geloof en kennis veel dieper met mekaar verweef as wat ons soms besef?

In ‘n reeks van twaalf oorsigtelike lesings word verskillende omstrede temas behandel en nuwere literatuur bekend gestel.

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm: VBO_17_Geloof en Wetenskap
Vir enige navrae, kontak Wilma by 021-0808 3624
                                                            epos: wler@sun.ac.za