Doop en Bediening:Ontvang wat vir julle gegee is |
28-30 Julie 2015
Aanbieders: Andries Cilliers en Tinus van Zyl
Aanbieders: Andries Cilliers en Tinus van Zyl
In hierdie kursus gaan die klem nie in die eerste plek op die verskille oor die doop val nie, maar eerder op wat die kerke in gemeen het en hoe ons aan die Doop die regmatige plek wat dit verdien in ons bediening kan gee.
Ons gaan ons uitgangspunt neem in die hoog-gewaardeerde ekumeniese studie Baptism, Eucharist and Ministry en fokus op die vyf betekenisse van die Doop waaroor hulle ekumeniese konsensus by ʼn groot klomp kerke kon kry.
Die kursus gee ook aandag aan praktiese sake soos geloofsformasie, liturgie en bediening.
Daar sal in die kursus spesifieke aandag gegee word aan:
- Die bybels-teologiese vrae oor die doop.
- Die BEM-studie en die bevindings van die studie.
- Hoe ons aan die Doop ʼn regmatige plek in ons gemeentes en bedienings kan gee.
- Daar sal ook aandag gegee word aan spesifieke praktiese programme (bv. ʼn 40-dae-kursus) en aan liturgiese riglyne.
Om in te skryf , kliek hier: VBO 9 Doop en Bediening
Sperdatum: 23 Julie
Sperdatum: 23 Julie