{ARGIEF}

Ons is gister van Stellenbosch af weg  na ‘n  uiters sinvolle VBO-kursus.   Ek en my kollega het die kurus in Lidmaatbemagtiging (VBO12) bygewoon  Ek weet nie of dit ons betrokkenheid by die Gestuurde Gemeente projek is nie, maar nog nooit het ek dit ervaar dat ‘n kursus so direk aansluit by ons gemeentebediening-ervaring nie!   ons het waardering vir die wyse waarop dit ingerig  is sodat ons 22 deelnemers deurgans deel kon voel van alles wat daar gebeur het.  
 
Ja, en baie dankie vir die simpatieke wyse waarop julle ons hanteer het wanneer ons meer persoonlike uitdagings met die groep gedeel het. Ons het veilig gevoel om eerlik te wees oor ons vrese.  Ek  en my kollega het nuwe lus vir die bedieningsuitdagings  wat wag.
 
Ek is baie bly dat ons ons gemeenteleiers by die opvolg geleenthede kan betrek en sien daarna uit om hulle hierby te betrek.
Seënwense
Nico Viljoen
(Vredendal-Wes)