{ARGIEF}

Hoe gelukkig is jy?

Tevrede? Vervuld? Vol vreugde? Veerkragtig? Positief? Opgewonde? Hoopvol?

 Happiness

Ons besef almal vreugde en geluk is meer as net ‘n gevoel.
Toe die bekende Harvard Universiteit die kursus oor “Happiness” aanbied, het hulle die meeste inskrywings ooit vir ’n kursus gekry!

Waarom kyk na iets soos Geluk/Happiness?
Vir lank het die psigologie (en teologie ook) baie aandag gegee aan wat met die mens verkeerd is, en hoe om die mens van “stukkend en sondevol” te help na “normaal”. Eers sedert 1998 is stadigaan begin om te kyk na maniere hoe ons mense kan help om te fokus op hulle sterkpunte en deugde.
Kortom, HOE HELP ONS MENSE OM TE FLOREER!
Die kursus GELUK: DEUGDE-IN-PRAKTYK OM TE FLOREER (VBO-kursus oor “happiness”) aangebied op 29-31 Julie 2014, Stellenbosch, WIL HELP OM MENSE EN GEMEENSKAPPE TE BEGELEI NA “WELL-BEING”.

Ons weet dat Paulus lankal sê: Wees altyd bly in die Here!
Die vraag is: HOE? Waarmee kan die positiewe psigologie en neurowetenskap ons help om werklik vreugde te bevorder? Die baanbrekerswerk van prof. Martin Seligman en andere kan gemeentes, gemeenskappe en jouself help om werklik “well-being” te bevorder. Navorsing wys reeds dat geluk eerder sukses bepaal as andersom.
God en geluk? Hoe kan die teologiese werk van Ellen Carry (“God and the Art of happiness”) ons help?
Hierdie kursus is meer as ’n “voelgoed” gids. Dit wil jou help om ’n nuwe manier te vind om na God, die lewe en jouself te kyk – en ander daarmee te help.  Dit suggereer intervensies en beste praktyke om weer mense en gemeenskappe van vrede en vreugde te wees.
As die kerk die hoop vir die wêreld is, kan geluk en vreugde as “well-being” beslis hiermee help.
Die kursus word só ingerig:

  • Deelnemers word bekendgestel aan die baanbrekerswerk van Christopher Peterson en Martin E Seligman wat ‘n raamwerk gee van meta-vaardighede en universele deugde. Bv.: Lewenslus (“zest”) en hoop is twee van die meta-vaardighede wat veerkragtigheid (“resilience”) vir lewens-satisfaksie  bevorder.
  • Ons onderskei tussen verskillende vorme van geluk.
  • ‘n Gesprek word gelei oor: God en die kuns van geluk.
  • Toepaslike videogrepe word gewys en die skakels verskaf vir eie aanbiedings.
  • Intervensies vir gemeente-praktyk en prediking word aangemoedig.
  • Elkeen word blootgestel aan reflektiewe rituele wat hierdie meta-vaardighede en universele deugde help integreer deur ervaring.
  • Die voorgeskrewe boek is Leadership for all – virtue practices to flourish (Marius Ungerer, Johan Herholdt, en Jannie le Roux)

Aanbieders:
Dr. Jannie le Roux (predikant, voors. Sin Diensgroep Toerusting),
Prof. Marius Ungerer (Prof in Strategie, USB),
Me Nadia Marais (Dosent Fak Teol US).

Vir ‘n inskrywingsvorm, kliek hier: VBO 19 Geluk (Happiness)
Vir meer inligting, kontak Wilma