{ARGIEF}

Excelsus logo 

Communitas Logo 

Logo Shepherd 

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing

Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing waaraan die VBO Taakspan in samewerking met Communitas en Ekklesia sedert verlede jaar beplan het, word nou met groot blydskap voorgelê. Die eerste kursus vind reeds op 20-22 Mei plaas.

Die BEDOELING met die Sertifikaat is:

  • ʼn Intensiewe bedieningsvernuwingskursus wat leraars wil help om op ʼn dieper en grondiger vlak geheroriënteer te word t.o.v. hulle bediening. Daarom word die kursus in ʼn formaat van nege blokke (van 3–4 dae) oor die loop van drie jaar gedoen.
  • Die sertifikaat wil aan leraars wat behoefte daaraan het `n meer inklusiewe en omvattende reeks kursusse aanbied wat hulle op `n veel breër front gaan heroriënteer tov van ons bedieningseise vandag.  Alles wat ons weet oor die groot professies sê vir ons dat iemand wat vir 30-40 jaar in dieselfde beroep bly ten minste elke tien jaar deur `n redelike intensiewe program van verdere opleiding moet gaan. 
  • Dit wil inklusief werk m.a.w. teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit bevorder; die kursus sal nuwe insigte gee, maar ook baie prakties wees en mense help om innoverend te werk.
  • Die struktuur van die M Th kursus word as ʼn vertrekpunt geneem. Die verskil is dat daar nie ʼn skripsie geskryf word nie. Om kursusgangers dieper aan die dink en werk te kry word o.a.  ʼn joernaal gebruik.
  • Hierdie ʼn gesamentlike projek van die drie VBO-sentra.
Die program het `n klompie UNIEKE KANTE:

  • Ons probeer die meeste kante van `n lewe in die bediening aanraak (teologie, spiritualiteit, roeping en bedieningsvaardigheid)
  • Ons wil `n baie sterk konneksie maak tussen opleiding van leraars en die toerusting van lidmate: Een van die geformuleerde doelstellings met die kursus is dat ons met die opleiding van leraars tov `n tema hulle moet help om ook lidmate op te lei oor dieselfde tema.  Ons werk bv hard aan materiaal wat met lidmate gebruik kan word.
  • Daar sal genoeg insigsessies wees, maar ook `n sterk klem op selfwerksaamheid (bv die hou van `n joernaal), terwyl wedersydse, kollegiale  ondersteuning ook ingebou word in die struktuur van die kursus.
  • Die hele kursus het `n baie sterk missionale intensie en gerigtheid.  `n Mens sou kon sê dat die kursusse saam hande en voete wil gee aan die AS besluit oor Missionale Gemeentes
Ons antwoord op ʼn paar VRAE:

  1. Koste: Die verskillende modules word op die selfde patroon as ʼn gewone VBO-kursus hanteer, dws  R150 per kursus.  LW Die koste is vir elke blok, dws 3 x R150 per jaar, en jy skryf in vir die jaar, dus R450 vir jaar 1.
  2. Die kursus gaan ʼn inset vra maar ons sal bly moniteer dat die nie onmoontlik raak vir mense nie.  Ons het bv gevind dat dit nie help om te verwag dat mense baie leeswerk voor die tyd moet doen nie.  Ons sal vra dat van die joernaalstukke soms ingestuur word.  Maar daar gaan nie lang spesiale (akademiese) take wees wat gedoen gaan word nie.
  3. Ons werk hard daaraan dat daar by elke kursus materiaal en prosesse sal wees wat mense kan terugneem huis toe om iets van die dieselfde proses wat hulle deur is, op een of ander manier ook met die gemeente te doen.
  4. Ons sal ook graag heeltyd in kleiner groepe wil werk.  Ons ervaring met die M Th is dat die wisselwerking in die groep geweldig baie vir mense beteken.
  5. Ter wille van groepsdinamika asook logistieke reëlings kan deelnemers nie kursusse in verskillende sentra, bv in een in PE en een in Stellenbosch bywoon nie.   

Die UITEENSETTING VAN DIE EERSTE DRIE BLOKKE waarmee ons vanjaar begin, is soos volg:
Kursus 1: Om die tye en geleenthede te verstaan – ons konteks en roeping in SA
20–22 Mei 2014  –  Coenie Burger e.a.
In die eerste drie-dag-module gaan ons ʼn tree terug gee en veral na drie sake kyk:

  1. Hoe moet ons dink ons oor die Christendom in Afrika? Is ons raadop of glo ons saam met baie mense dat die Christendom ʼn besondere rol te speel het in die toekoms van ons kontinent?
  2. As dit so is, wat is die sentrale uitdagings wat nou vir die kerke in ons land voorlê? Ons gaan goed kyk na die SA konteks en saamdink oor die roeping van die kerk nóú.
  3. Het ons genoeg entoesiasme vir ons werk? As ons dit nie het nie, hoe kry mens dit? Ons gaan aandag gee aan die belangrikheid van roeping en visie en kyk na die anatomie van Hoop.

Kursus 2: Gemeentelike Ekklesiologie     
26–28 Augustus 2014  –  Frederick Marais & Ian Nell
In die kursus word gekyk na die belangrikheid van missionale gemeentes.

  • Daar sal aandag gegee word aan hoe ʼn mens ʼn gemeente-analise doen om agter te kom wat regtig in ʼn gemeente gebeur.
  • Daar sal ook saam gekyk word na Bybelse ekklesia. 
  • Ons kyk ook na wat gemeentes kan wees en doen.

Kursus 3: Triniteit, Missio Dei en die Plot van die Evangelie
21–23 Oktober 2014   –  Coenie Burger & Marius Nel
In hierdie kursus kyk ons na die Evangelie waarin ons glo. Daar word op 3 temas gefokus:

  1. Jesus en die Plot van die Evangelie;
  2. die Trinitariese God van die Bybel; en
  3. die Missio Dei.
Let wel: Daar is plek vir ongeveer 25 persone – diegene wat vroeër vanjaar aangedui het dat hulle belangstel in die kursus, het reeds inskrywingsvorms ontvang en ongeveer 15 persone het reeds ingeskryf.
Daar is dus nog plek vir sowat 10 persone.
Sperdatum: 25 April
Kliek hier vir ʼn inligtingstuk met die 9 blokke en die plekke waar dit aangebied word deur die 3 VBO-sentra: VBO nuut en geïntegreerd _ Sertifikaat in bedieningsvernuwing
Kliek hier vir ʼn inskrywingsvorm: VBO 10 Gevorderde Sertifikaat Jaar 1