{ARGIEF}

 

 Om te hoor, te voel …

en (anders) te sien

(Skryfkursus)

 writing3
Die beroemde skrywer Joseph Conrad (1857–1924) (Heart of Darkness, Lord Jim) het op ’n keer oor sy taak as skrywer gesê: “My task is to make you hear, to make you feel, and, above all, to make you see. That is all, and it is everything.”

Hoekom ‘n “skryfkursus”?
Om te lees is om te hoor, te voel en bo alles om (anders) te sien. Die funksie van enige geskrewe teks, net soos met die gepredikte Woord, is om te kommunikeer met die doel om te inspireer; om taal so te gebruik dat die leser nie sal wonder wat die skrywer wou sê nie. Die geskrewe woord is daarom ’n magtige, effektiewe en uiters kreatiewe hulpmiddel in die bediening in gemeentes en verder – te meer nog omdat tegnologiese vooruitgang die moontlikhede en reikwydte daarvan voortdurend vergroot. Dit is egter ook ’n kuns waarvoor kennis en vaardighede noodsaaklik is.
Hierdie kursus is gemik op enige lidmaat of predikant wat die gebruik van die geskrewe woord deel van sy of haar bediening wil maak, wat die nodige vaardighede daarvoor wil aanleer of wil verfyn.
Kom luister, leer en oefen saam op 19 en 20 Augustus op Stellenbosch wanneer Len Hansen en Estelle Steenkamp jou inlei in hierdie kuns!
In die kursus sal aandag gegee word aan verskeie sake en vrae, soos:

  • Met watter doel skryf jy? Wie is jou lesers? Wat is die mees gepaste genre (blogs, gemeentebriewe, oordenkings, dagstukkies, kortverhale, romans, akademiese skryfwerk, ens.) vir hierdie doel en hierdie gehoor?
  • Hoe begin mens skryf, waar kry jy idees? Daar word byvoorbeeld gekyk na hoe om metafore effektief te gebruik, die effektiewe gebruik van  humor, die gepaste gebruik van die Bybel, skrywersblok.
  • Watter vaardighede moet ek hê? Is daar hulpmiddels, en hoe gebruik ek dit?
  • Die etiek van skryf – die sensitiwiteit vir gepaste humor, geskikte taal en styl, die verskil tussen eie stories en ander se stories.
  • Wat gemaak met jou skryfwerk? Die proses van skryf tot publikasie.

Na die tyd sal elke kursuslid verstaan hoe om:

  • te besluit vir watter tipe gehoor jy gaan skryf, wat die mees gepaste genre daarvoor is, en waar jou persoonlike sterk- en swakpunte lê met betrekking tot die gekose genre;
  • tegniese vaardighede te verwerf en weet hoe om toegang tot hulpmiddels te verkry en te gebruik;
  • die pad tot publikasie te volg en struikelblokke om te vermy;
  • op ’n eties-verantwoordelike manier te skryf
Om ‘n inskrywingsvorm af te laai, kliek hier:  VBO 21 Om te hoor te voel en te sien.Skryfkursus

Doen dit vóór 14 Augustus!

Om die program te sien, kliek hier: Program Skryf-kursus 19 en 20 Augustus

Jy kan 20 VBO-punte hiermee verdien.