{ARGIEF}

 Logo's Sentra  VBO Nuut en Geintegreerd

Waarom 9 kursusse in 3 jaar? Hoekom sal ek nodig hê dat iemand namens my besluit wat ek moet leer? So vra iemand oor die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing, ʼn reeks kursusse wat jou oor ʼn tydperk van 3 jaar op ʼn nuwe leerkurwe neem.
In hierdie tyd gaan jy delf in werke van die mees relevante teologiese werke van ons tyd; gaan jy gesels saam met kollegas oor vraagstukke en vrese en saam na oplossings en antwoorde soek.
Iemand wat in 2014 die eerste 3 blokke deurloop het, som dit so op:

“’We read to know we’re not alone,’ het C.S Lewis blykbaar gesê. Ek het onlangs by ‘n nuwe gemeente begin werk en in my veertien jaar van bediening is dit my eerste een-man gemeente. Meer as ooit verlang ek na my kollegas – nie net wat werkverdeling betref nie maar veral wat goeie wederkerige vorming en saam groei binne ‘n unieke konteks betref. Die sertifikaat-kursus kom regtig tot my redding wat ‘n paar aspekte van my (een-man)bediening behels: Ons is ‘n groep leraars, van uiteenlopende kontekste, wat saam vir drie jaar op reis is.

“Ons kom sit elkeen met ons eie unieke konteks rondom hierdie tafel en tree in gesprek daarmee en met mekaar. Dit is dus ‘n skeppende proses waarin ons saam groei in sekere kern gesindhede, vaardighede en gewoontes vir bediening in ons tyd. Die aanbieders lewer nie teologiese monoloë uit hul akademiese kokonne nie, maar bring dit deurgaans terug na ons konteks en praat vanuit hul bedieningskontekste. Vir iemand soos ek wat baie bewus van die konstante vloeibaarheid van ons tye soms paniekerig die nuutste boek gryp (in die hoop op antwoorde, inspirasie en groei), is hierdie sistematiese bedieningsrelevante reis inderdaad ‘n pelgrimstog soos Eugene Peterson se “A long obedience in the same direction.” Ek kan nie wag om te sien wat met ons om die volgende draai gaan gebeur nie.

“Die drie blokke het vir my as mens persoonlik en as predikant baie beteken.  Uiteindelik is van dié kennis ook met gemeenteleiers bespreek en begin implementeer vir die gemeente se rol en taak as gestuurde geloofsgemeenskap.”

Kyk verder onder oor die uiteensetting van die eerste drie blokke waarmee ons weer vanjaar begin.

Blok 1:
Om die tye en geleenthede te verstaan – ons konteks en roeping in SA
In die eerste module kyk ons veral na drie sake:
1.       Glo ons dat die Christendom ʼn besondere rol te speel het in die toekoms van ons kontinent, Afrika?
2.       Wat is die sentrale uitdagings vir ons as kerke?
3.       Het ons genoeg entoesiasme vir ons werk? Ons kyk na roeping, visie en die anatomie van Hoop.
17-19 Februarie
 
Blok 2: 
Gemeentelike Ekklesiologie    
In die kursus word gekyk na die belangrikheid van missionale gemeentes.
·         Hoe doen ʼn mens ʼn gemeente-analise om agter te kom wat regtig in ʼn gemeente gebeur?
·         Daar sal ook saam gekyk word na Bybelse ekklesia.
·         Ons kyk ook na wat gemeentes kan wees en doen.
21-23 April
 
Blok 3: 
Die Triniteit – die wonderlike, Vreemde God in Wie ons glo
In hierdie kursus kyk ons na die Evangelie waarin ons glo. Daar word op 3 temas gefokus:

  • Jesus en die Plot van die Evangelie;
  • die Trinitariese God van die Bybel; en
  • die Missio Dei.
1-3 September

 

Om in te skryf hiervoor, moet jy op die inskrywingsvorm kliek: VBO S1-3 Gevorderde Sertifikaat Jaar 1
Stuur dit na Wilma
Doen dit so gou as moontlik – die sperdatum is 10 Februarie.