{ARGIEF}

Groei oor Grense – Luisterseisoen [VBO 2]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

 Aanbieders: Wilhelm Burger en Frederick Marais
Datum: 9 – 11 Feb 2010
Plek: Stellenbosch

Tema en doel: 
Die kursus is gemik op
• die ontwikkeling van kapasiteite om oor grense te luister en
• om ‘n Luisterkultuur in die gemeente te vestig vir oorgrens-verhoudings.

Gemeentes is dikwels “begrens” deur grense wat ons af-grens van die mense na wie die Here ons stuur. Emosionele-, kulturele-, ekonomiese-, kerklike-, generasie-, geografiese- en geloofs-grense, maak dit dikwels vir ons moeilik om met mense buite die gemeente, verhoudings te bou. Baie gemeentes wil graag hulle vermoë uitbou om kontak te maak met groepe en mense wat tans nie deel is van die gemeente nie, maar programme en pogings om sulke mense te betrek is, sonder sukses omdat daar nie goed genoeg geluister word nie.
 
Met die bou van luisterkapasiteite en ‘n luisterkultuur, sal gemeentes beter in staat wees om oor hulle grense te kan groei.

Inhoud:
Die Seisoen van Luister se produkte-reeks is pas aangevul  met die publikasie van die kursus Vrou by die Put – stap saam met Jesus oor grense (Deelnemersgids en Leiershandleiding). Dit is ‘n ses-weke groepsproses waarin mense begelei word om  oor grense te groei.
Hierdie kursus sal gemeenteleiers in staat stel om die Vrou by die Put-proses in die gemeente te implementeer en terselfdertyd ‘n luisterkultuur te ontwikkel. Daar sal aan die volgende aandag gegee word:

• In-oefening van die Vrou by die Put – stap saam met Jesus oor grense- proses
• Ontwikkeling van ‘n Luisterkultuur in die gemeente
• Die bou van luisterkapasiteit in die gemeente
• Luisterplan vir die gemeente
• Uitrolplan vir Groei oor Grense in 2010.