{ARGIEF}

VBO16 ~ Nuut gekyk na Jesus

Vind plaas op 17–19 September in Stellenbosch

Aanbieder : Marius Nel

Kom skryf in vir hierdie kursus wat gaan oor Jesus as Koning – dis ‘n kritiese evaluering van die belang van die werk van NT Wright vir die roeping van die kerk in die 3de millennium.

Die inhoud behels onder andere:

  • Die vraag na die historiese Jesus en die belydenis van die kerk.
  • Die geloof van Jesus (nuut nagedink oor wat dit beteken om te glo in Jesus).
  • Jesus as die Joodse Messias (nuwe insigte oor eerste-eeuse Judaïsme en waarom dit belangrik is vir ons verstaan van Jesus).
  • Die opstanding van Jesus – histories én teologiese beskou.
  • Hoe God koning geword het (wat is die implikasie van die hemelvaart van Jesus vir die roeping van die kerk?).
  • Hoe moet ons die gesag van die Skrif verstaan (om in God se verhaal te leef)?
  • Die goeie nuus is beter as wat ons gedink het (die eskatologie van Jesus).
Wat is die uitkomste van hierdie kursus?
Blootstelling aan die navorsing deur een van dié toonaangewendste Nuwe-Testamentici van ons tyd.
Die vermoë om genuanseerd en gefundeerd oor die roeping van die kerk te kan nadink vanuit die Nuwe-Testamentiese wetenskap.
‘n Herontdekking van die kern van die kerk se verkondiging.

 
Kliek hier vir die INSKRYWINGSVORM:

 
Die volgende boeke word aanbeveel – Beide geskryf deur NT Wright:

  • Jesus and the Victory of God (Christian Origins and the Question of God, Vol. 2). 1997
  • The Resurrection of the Son of God (Christian Origins and the Question of God, Vol. 3). 2003