{ARGIEF}

VBO 15 : Koinonia en Geloofsvorming in gemeentes

WANNEER? 17–19 September 2013        WAAR? Stellenbosch        AANBIEDER: Nico Simpson
Hierdie kursus fokus daarop hoe om diep te connect,veilige ruimtes vir mense te skep en koinonia te bevorder. Dit is ‘n interaktiewe kursus wat deur middel van video’s, connecting-vaardighede en groepsgesprek nadink oor diep verbintenis en die herstel van verhoudings.

Die vraag is: Hoe kan ons regtig mense liefhê? Hoe kan ons ander leer om dit ook te doen? Die fokus is op die verband tussen geloofsonderskeiding en koinonia.

Die uitgangspunte van hierdie kursus is waarderende Ondersoek (AI), Gestuurde Teologie, Geloofsonderskeiding en Volwasse-leer-metodiek. Daar gaan klem gelê word op die groepsdinamika, narratiewe prosesse en die inoefening van verhoudings-vaardighede. Ons gaan mekaar help met dit wat ‘ge-un-learn’ moet word om weer nuut te kan connect. Die kursus is baie interaktief.
 

  • Tema 1:      Skep van ‘n omgewing van geloofsonderskeiding : “Niemand kan enigiemand iets leer nie”
  • Tema 2:      Magsverhoudings onder die vergrootglas” (Om diep te luister) : “Om die ander se eiland te besoek”
  • Tema 3:      Blokkerende kragte (Weerstand teen groei) : “Jy kan net verander wat jy erken”
  • Tema 4:      Geloofsgewoontes en Onderskeidings-teks : “Wat ons oor en oor doen wat ‘n verskil maak”
  • Tema 5:      Skep van hoop in verhoudings : “Om aan te sluit by die geloof, hoop en liefde wat in ander leef”
  • Tema 6:      Skep van veilige ruimtes : “A journey of un-learning
  • Tema 7:      Om ’n ‘stem’ te hê : “Hoe om te sê wat jy wil, sonder om die vark in die verhaal te wees”
  • Tema 8:      Gurro-gesprekke : “Ant-steps vir die pad vorentoe”
  • Tema 9:      Skep van ’n waardeer-kultuur