{ARGIEF}

certificate graduation2

Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing se eerste siklus voltooi!

Certificate

Dit was met groot vreugde dat die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) die instelling van `n Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing aan die begin van 2014 aangekondig het. En op Donderdag 26 Augustus vanjaar het hierdie eerste groep die siklus van 9 kursusse voltooi!
Blaai na onder vir foto’s …
Agtergrond:
Die sertifikaat-program het `n klompie unieke kante: Die bedoeling met die Sertifikaat-kursus is om aan leraars wat behoefte daaraan het,`n meer inklusiewe en omvattende reeks kursusse aan te bied wat hulle op `n veel breër front kan heroriënteer ten opsigte van ‘n predikant se bedieningseise vandag.  Alles wat ons weet oor die groot professies wys in een rigting: dat iemand wat vir 30-40 jaar basies in dieselfde beroep bly ten minste elke tien jaar deur `n redelike intensiewe program van verdere opleiding moet gaan.

  • Die kursus bestaan uit nege samehangende blokke wat oor `n periode van drie jaar gedoen word – drie blokke per jaar
  • Dit probeer die meeste kante van `n lewe in die bediening aanraak (teologie, spiritualteit, roeping en bedieningsvaardigheid)
  • Dit wil inklusief werk m.a.w. teologie, vaardighede, houdings, roepingsbewustheid en spiritualiteit, ens bevorder; die kursus gee nuwe insigte, maar is ook baie prakties en help mense  om innoverend te werk.
  • Dit poog om `n baie sterk konneksie te maak tussen opleiding van leraars en die toerusting van lidmate: Een van die geformuleerde doelstellings met die kursus is dat dit met die opleiding van leraars tov `n tema hulle moet help om ook lidmate op te lei oor dieselfde tema.
  • Daar is genoeg insigsessies, maar ook `n sterk klem op selfwerksaamheid (bv die hou van `n joernaal), terwyl wedersydse, kollegiale  ondersteuning ook ingebou word in die struktuur van die kursus.
  • Hierdie ʼn gesamentlike projek van die drie VBO-sentra. Persone vanuit die ander sinodale gebiede het dus ook van die modules bygewoon om as aanbieders ‘opgelei’ te word.

Die groep wat die kursus voltooi het, was:
Peet Bester, Herman Burger, Alwyn Carstens, Leon Cronjé, Michiel De Kock, Jakkie Du Preez, Jan Fourie, Ivan Franse, Frankie Gerber, Archie Jefthas, Christo  Klopper, André   Kritzinger, Andrew Kruger, Derick Lambrechts, Nadine Maletzki, Jan Marais, Johan Nieuwenhuizen, Wouter Olivier, André Orffer, Kobus Pretorius, Pieter Roeloffse, Danie Smit, Charl Stander, Hennie Van Deventer, Johan Van Niekerk, Nioma Venter, Anton Verwey, Johan Vollgraaff, Gideon Volschenk.
Blok9B
[widgetkit id=190750]