{ARGIEF}

 PEAK

PEAK LEADERSHIP:

Hoe persoonlike leierskap die gemeente en gemeenskap na nuwe hoogtes (“peaks”) kan begelei.

Wanneer?   18 –20 Feb 2014
Waar?     Stellenbosch
Aanbieders:  Jannie le Roux & Peet Bester

Tema en Doel 

Dis nie net ’n kursus vir besigheidsleiers nie. Dis ’n tydige kursus vir geestelike leiers vir die huidige werklikheid waarin God ons plaas!

Hierdie kursus help leiers om te ontdek wat is die sogenaamde “Nuwe Ekonomie” en hoe om mense te begelei om mede-skeppend te word. Deelnemers leer hulle eie VISA-styl ontdek wat hulle in staat stel om beter as span (“village”) te werk. Die krag van die kollektiewe wysheid word deurgaans beoefen sodat leiers by mekaar leer asook eer wat ander aan te bied het.
Inrigting van kursus
Die kursus neem die vorm van ’n werkswinkel. Dit begin van binne jouself en beweeg na buite. Dit is om te kyk na alles vanuit die perspektief van ek, ons, dan die werk en wêreld.
Die teorie word verken binne elke kursusganger se eie konteks. Insig word ontwikkel deur die gebruik van vraelyste, self refleksie en gesprek in die “leadership councils”. Die beginsel vir die ontwerp van die kursus is dat volwassenes leer deur sosiale diskoerse.
Inhoud

In die kursus sal aandag gegee word aan die volgende sake:

  • 12 meta-vaardighede, o.a. Ontsluit energie in jouself en ander; Bemeester die kuns van leierskap gesprekke; Skep en bou positiewe deviasie
  • Jou persoonlike VISA-profiel
  • Hoë impak leierskap
  • Die Nuwe Ekonomie
  • Leadership Councils

Uitkomste

  • Leiers sal ervaar hoe hulle denke skuif na die kuns van moontlikhede, die omhelsing van angstigheid en terselfdertyd ‘n meedoënlose fokus behou.
  • Jy sal jou eie VISA-profiel weet en terselfdertyd saam met ander die krag van Leadership Councils ontdek.
  • Jy sal ge-energeer wees om die krag van die meta-vaardighede aan te wend binne ’n Nuwe Ekonomie
Inskrywingsvorm: Kliek hier:  VBO 3 PEAK Deel 1