{ARGIEF}

Communitas bied weer  ‘n VBO geleentheid aan in webtuiste ontwikkeling.  Dit word hierdie jaar gehou by Communitas in Stellenbosch van 22-25 Julie.

Die kursus behels die volgende:

  • bekostigbare en betroubare huisvesting vir die webtuiste;
  • ‘n wegspring WordPress installasie vir die webtuiste, wat vinnig en liggewig is, die nuutste web tegnologie sowel as ‘n kommersiële template gebruik, en ook goed vertoon op selfone en tablette;
  • praktiese opleiding in die verdere ontwikkeling van die webtuiste (uitleg, plugins, themes, opdatering, administrasie ensomeer;
  • ‘n forum vir ondersteuning (http://www.communitas.co.za/webtuistes/forum/), en
  • ‘n paar opsies van voortgaande ondersteuning, volgens ooreenkoms.

Dit word alles verpak in ‘n VBO kursus, waartydens opleiding en begeleiding van die gemeente se webmeester, leraars en/of ander betrokkenes in die ontwikkeling van ‘n gemeente webtuiste gegee word.  Die webtuiste word met die gewilde en kragtige CMS WordPress gebou.  Deelnemers word blootgestel aan ‘n wye reeks uitbreidings wat vir hulle unieke behoeftes gebruik kan word.
Die Uitkomste van die kursus is die volgende:

  • Kursusgangers ontvang ‘n domein (gemeente of persoonlik) en doelmatige webtuiste wat by Communitas gehuisves word.
  • Kursusgangers ontvang opleiding in die installasie, ontwikkeling en instandhouding van die webtuiste.
  • Kursusgangers leer die basiese html kodes om skakels en formatering op die webtuiste te hanteer.
  • Kursugangers kry leiding in die hantering van graphics en ander media.
  • Kursusgangers word begelei om die interaktiwiteit van die webtuiste verder te ontwikkel – Facebook en Twitter.
  • Kursusgangers raak vaardig in die volle administrasie van die webtuiste.
  • Kursusgangers leer om verdere uitbreidings te maak deur ‘n seleksie van die plugins en extensions van WordPress.
  • Kursusgangers ontwikkel ‘n dagboek-ritme vir die skryf van bydraes in ‘n kommunikasie-strategie.
Uitgebreide verdere ontwikkelingsmoontlikhede, probleemlose opdatering en maklike administrasie is primêre winspunte van hierdie kursus.

Interaksie met Communitas se webtuiste word ook gebied wat dit moontlik maak om die nuutste artikels van Communitas te vertoon op die gemeente se webtuiste.  Gemeentes kan so hulle webtuiste se inhoud aanvul.  Dieselfde interaksie is moontlik met ander gemeentes se webtuistes binne die Communitas webgemeenskap.
60 gemeentes/ringe/instansies/persone is reeds deel van die Communitas webgemeenskap en het ‘n soortgelyke opleiding ondergaan. Hier is van die deelnemers se terugvoer hieroor:

  • “Voorafopgestelde webtuiste is fantasties.”
  • “Baie goed dat elke gebruiker sy webtuiste kan aanpas soos die kursus vorder.”
  • “Ek voel bemagtig met nuwe tools vir gemeentewerk.”
  • “Dit het my ontsettend baie gehelp.  Ek het absoluut niks van webtuistes en die ontwikkeling daarvan geweet nie en voel nou positief en sal met selfvertroue soekend op WordPress speel om ons webtuiste interessant en so bruikbaar as moontlik te maak.”
  • “Op geestelike vlak is dit net weereens wonderlik om God se teenwoordigheid te ervaar.  Jou fasilitering is puik.”
  • “Hier gaan ’n wêreld oop.”
  • “Wye veld van inligting op goeie manier deurgegee.”
  • “Maak nuwe deure oop vir kommunikasie.”
  • “Dit is een van die mees sinvolle toerusting sessies wat ek al bygewoon het.”
  • “Dit is ’n MOET vir elke gemeente in die eeu waarin ons leef.”

Indien jy belangstel, kan jy die noodsaaklike dokument met verdere inligting sowel as die  inskrywingsvorm hieronder aflaai en aan die hand daarvan vir die kursus registreer.  Dit bevat al die detail wat jy nodig het vir die inskrywing en voorbereiding wat nodig is vir die kursus. Daar is ruimte vir 20 gemeentes/persone by hierdie kursus.

ONTHOU: Sluitingsdatum 10 Julie
Groete
Chris van Wyk
Webmeester Communitas
www.communitas.co.za/webtuistes