{ARGIEF}

 

Peak Leadership Fasiliteerders-opleiding

 Peak_of_the_Matterhorn,_seen_from_Zermatt,_Switzerland

Die Peak Leadership-kursus is nie net ’n kursus vir besigheidsleiers nie. Dis ’n tydige kursus vir geestelike leiers vir die huidige werklikheid waarin God ons plaas!

Peak Leadership offers performance systems that motivate people. Employees will increase in engagement, become more positive & productive, and experience greater fulfillment in their roles.

In hierdie kursus ontdek leiers wat is die sogenaamde “Nuwe Ekonomie” en hoe om mense te begelei om mede-skeppend te word. Hulle leer hoe om beter as span (“village”) saam te werk. Die krag van die kollektiewe wysheid word deurgaans beoefen sodat leiers by mekaar leer, asook eer wat ander aan te bied het.

Daar is nou geleentheid om ‘n PEAK Leadership Fasiliteerders Opleiding by te woon. Almal wat reeds die PEAK Leadership kursus se 2 dele voltooi het, kwalifiseer om hiervoor in te skryf.
(Indien jy nog nie deel 2 afgehandel het nie, is daar wel voor die opleiding kans om dit te doen – daar vind ‘n Peak Werkswinkel 2 plaas op 15-16 April.)

Hoekom die Fasiliteerders Opleiding?
Dit is ‘n geleentheid om jou te bemagtig om gemeenskapsleiers op te lei in leierskap en húlle weer so te bemagtig.

Die opleiding sal plaasvind op 20-22 Mei en die 2de deel, die assessering, op 17-20 Junie.

Gedurende die gewone PEAK-kursus is die fokus op jou as ʼn afgevaardigde, as ʼn leerder of verkenner van jou eie leierskap.

In die Fasiliteerders-opleiding skuif hierdie fokus:

• die doel van die eerste 3 dae van die opleiding is om jou agter die skerms van die program in te neem en jou na die program te laat kyk uit die oogpunt van ʼn fasiliteerder.
• Jy kry kans om te praat oor doelwitte, voornemens en prosesse,
• kyk in detail na die oefeninge, en
• ondersoek wat kan verkeerd gaan.
• Julle kry kans om oor voorbeelde te praat en
• stories te deel wat jou ondervinding van die fasilitering van die program kan verbeter.

Die opleidingsdae is ʼn geleentheid om die skakels tussen die program en die werk wat jy doen, te verken – al die verskillende toepassings en opsies. Dis ook ʼn tyd van ondervindings deel en vrae vra.
Tussen-in
In die 3 weke tussen die 2 blokke doen jy jou persoonlike voorbereiding om geassesseer te word gedurende Blok 2. Dis belangrik dat almal genoeg selfvertroue het en bevoeg voel om die program aan te bied, en dat die eienaars van die program by Village of Leaders seker is dat almal goed toegerus is.
In hierdie 3 weke moet jy dus die program jou eie maak, jou eie stories en maniere om die materiaal aan te bied vind, sodat jy eienaarskap van die program kan neem en eg kan oorkom. Hierdie voorbereiding vereis ʼn redelike hoeveelheid tyd en daarom is dit belangrik dat jy genoeg tyd op jou dagboek toelaat daarvoor.
Die assessering
Hierdie blok voorsien ʼn geleentheid vir jou om jou begrip van die program te demonstreer – die teorie, die proses en die oefeninge. Elke persoon sal ʼn aantal geleenthede kry om gedeeltes van die materiaal vir hul kollegas aan te bied en terugvoer te kry oor wat jy goed doen, en waar daar kanse vir verbetering is.

LW Die sperdatum is 12 Mei.

Kliek hier vir ‘n inskrywingsvorm:  PEAK FASILITEERDERS OPLEIDING