{ARGIEF}

Die afgelope week het die Kweekskoolgebou gewemel van mense uit allerhande denominasies en gemeentes: Dit was die jaarlikse Winterskool wat aangebied is deur die Fakulteit Teologie aan die US, die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie en Ekklesia (die ekumeniese sentrum vir gemeentestudies en leierskapsontwikkeling) in samewerking met Communitas.

Die tema was Met die oog op ʼn tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd, en hierdeur het die sprekers die hoopvolle boodskap oorgedra dat God ons kan verras met sy reddende teenwoordigheid op die mees onverwagte plekke en tye.3 hoofsprekers, 4 deurlopende oggendtemas en 5 parallelle middagsessies oor 2 dae het gesorg dat kursusgangers kon kies uit ‘n groot verskeidenheid van sessies en temas.
Dit was veral wonderlik om oor grense met mekaar te kon gesels en jou horisonne sodoende te verbreed.

Ons het baie gunstige terugvoer ontvang en glo die geleentheid het bygedra tot ‘n beter begrip van wat om ons gebeur, waarop ons hoop, en watter reaksie God van ons verwag.

Ons begin eersdaags om die volgende Winterskool te beplan.

  • Gee asseblief vir ons terugvoer en maak voorstelle om ons te help om te verbeter.
  • Stuur ook vir ons voorstelle vir moontlike temas en sprekers wat jy graag op die program wil hoor.

Ons hoop ons sien almal weer volgende jaar!
[contact-form to=’wler@sun.ac.za’ subject=’Winterskool terugvoer’][contact-field label=’Name’ type=’name’ required=’1’/][contact-field label=’Email’ type=’email’ required=’1’/][contact-field label=’Denomination’ type=’url’/][contact-field label=’Comment’ type=’textarea’ required=’1’/][/contact-form] Winterskool