{ARGIEF}

 VBO 2014 Voorblad

Ons bied met opgewondenheid in ons harte die VBO-program vir 2014 aan.

Die program vir 2014 bevat:

  • ’n klompie bestaande driedag-kursusse wat op versoek herhaal word;
  • ’n hele paar nuwe driedag-kursusse  – o.a. drie kursusse wat aangebied word deur bekende leraars van buite ons streek (Nelus, Niemandt, Dirkie van der Spuy en Gerhard Botha);
  • die Winterskool wat vanaf 10–12 Junie saam met Ekklesia en die Fakulteit aangebied sal word. Die tema vir 2014 is: Christus die Hoop vir Afrika/Christ, the Hope for Africa.
  • ’n gevorderde sertifikaat in Bedieningsvernuwing, aangebied deur die drie VBO-instansies (Communitas/Ekklesia, Shepherd en Excelsus) met die doel om aan leraars wat behoefte daaraan het ’n meer inklusiewe en omvattende reeks kursusse aan te bied wat hulle op ’n veel breër front gaan heroriënteer t.o.v. van bedieningseise vandag. Die kursus bestaan uit nege samehangende blokke wat oor ’n periode van drie jaar gedoen word – meer inligting in die VBO-boekie.

Ons bied die program aan met die gebed dat dit leraars van die kerk mag motiveer, sterk en bekwaam maak vir die wonderlike roeping wat die Here “uit onverdiende goedheid aan ons toevertrou het”.

 Kliek hier om die Program in PDF – formaat af te laai:
VBO-boekie 2014 Nov 2013_Finaal