{ARGIEF}

 VBO 2015

VBO-Boekie 2015

Die volledige VBO-boekie en program word hier beskikbaar gestel. Laai dit gerus af, kyk na die verskeidenheid van kursusse en dagboek dit waarin jy belangstel om by te woon.
Verskeie kursusse word vanjaar in Engels aangebied saam met Ekklesia, en word so aangedui op die program. Ons werk graag in sekere van ons kursusse met ʼn meer gemengde groep leraars omdat ons ervaar dat dit die leerervaring soveel verhoog.
Die inhoud van die 2015 VBO-boekie is weer lekker kompak gehou, maar ter wille van persone wat navraag gedoen het oor die agtergrond en doel van VBO, is daar ʼn inligtingsblad daaroor ingevoeg.

Die VBO-program vir 2015 sluit in:

  • ʼn Paar groot konferensies wat in samewerking met Ekklesia aangebied word, soos die Missionale Konferensie getiteld The Future of Missional Theology and Missional Churches; ʼn konferensie oor Erediens en Aanbidding: God bless Africa: Worship for a Time Like This (saam met die Calvin Institute of Christian Worship) en die jaarlikse Winterskool met die tema: Changing the World? An invitation to faithful discipleship and responsible citizenship.
  • Die internasionale Fresh Expressions Konferensie wat aanvanklik vir later in 2015 beplan is, vind nou in Februarie 2016 plaas.
  • Die Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing word baie sterk aanbeveel – lees ook die getuienisse van persone wat reeds met die program besig is.
  • ’n Hele klomp interessante een-, twee en driedagkursusse – o.a. ʼn Emeriti-kursus, een oor Gemeente-finansies en administrasie, oor Preek-maak, die Happiness-teorie, die Doop,  en nog baie meer …
Laai gerus die volledige boekie af – kliek HIER: VBO-boekie 2015_Nuutste