{ARGIEF}

VBO staan vir Voortgesette Bedieningsonderrig, en die doel van hierdie website is om predikante en gemeentelede op ‘n gereelde basis op hoogte te hou van kursusse wat aangebied word. Hier kry jy egter nie net ‘n kalender met kursusinligting nie – dis ook ‘n platform waar terugvoer gegee kan word van afgelope kursusse,  en spesifiek ook van watter betekenis  dit was vir die kursusgangers.

Daarom is hier behalwe die kursuskalender ook plek  vir kritiek/terugvoer oor die kursusse. Hier kan jy ook aandui  watter behoeftes daar bestaan sodat dit aangespreek kan word tyens die beplanning word vir ‘n volgende jaar se kursusse.
Verward oor die puntesisteem? Hier is ook info oor punte.
Dit is ook waardevol  om met persone te kommunikeer oor navorsing/boeke en artikels wat jy vir kollegas sou kon aanbeveel, en jy kan ook resensies of kort opsommings gee om dit verder te belig en verduidelik. Kursusmateriaal is ook beskikbaar.
Die  site dien ook om mense met dieselfde belangstellings/vrae met mekaar in verbinding te bring en sodoende ‘n forum te ontwikkel waar mense met mekaar kan gesels en gedagtes uitruil oor spesifieke onderwerpe of navorsingsvelde.