{ARGIEF}

 CHRISTUS DIE HOOP VIR AFRIKA

DIE VOLGENDE 20 JAAR –

Winterskool 2014 embleem
Predikante, studente en akademiese personeel van verskeie kerklike tradisies asook die breë publiek, word uitgenooi na ʼn Winterskool met die tema Christus die hoop vir Afrika – die volgende 20 jaar.
Wanneer: van Dinsdag 10 Junie tot Donderdag 12 Junie 2014
Waar: by die Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch

Daar is weer soos in die verlede gesamentlike en parallelle sessies met ruim tyd vir besprekings. Die gesamentlike sessies sal hoofsaaklik in Engels wees, en die parallelle sessies in die betrokke spreker se taal van voorkeur (Engels of Afrikaans).

Gesamentlike sessies word elke dag deur ‘n ander hoofspreker aangebied.
Paralelle sessies – hier kies deelnemers:

  • een oggendtema, en volg dit oor die drie dae;
  • een Dinsdagmiddag sessie, en
  • een Woensdagmiddag sessie.
Let daarop dat die volle registrasiefooi ‘n spitbraai insluit wat op Dinsdag 10 Junie vanaf 16:30 aangebied word.

Ons hoop om soveel as moontlik van julle daar te sien, sodat die visie van die Winterskool kan waar word:

  • die voortgesette teologiese vorming van predikante en ander geestelike leiers;
  • die versterking van die bande tussen kerke onderling, en tussen die fakulteit en verskillende kerke, en
  • die bespreking van relevante teologiese-, bedienings- en publieke vraagstukke.
Skryf in deur hier te kliek vir ʼn inskrywingsvorm: Winterskool Registrasievorm_2014
Vir ‘n volledige program, kliek hier: Winterskoolprogram 2014-06
Of kontak Wilma
LW SLUITINGSDATUM: Vrydag 30 Mei
For an English programme, click here: Winter School_Program_2014
For a registration form, click here: Winter School Registration Form 2014

Die winterskool word aangebied deur die Fakulteit en sy sentra Ekklesia en die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, in samewerking met Communitas.