{ARGIEF}

deur Esther Blackaller
bellvilleuitsig-apr14By Bellville Uitsig-gemeente het ons ook saam met vroue wêreldwyd en veral Egipte, die gasheerland wat die Wêreldbiddagprogram saamgestel het, die tema: “Strome water in die woestyn” bedink en gebid. Die Christendom het na Egipte gekom deur die Egiptenare wat in Jerusalem was en die Evangelie in hulle eie taal gehoor het tydens die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. In die Ou Testament was Egipte ʼn toevlugsoord teen die droogte en hongersnood vir Jakob en sy gesin tydens Josef se administrasie. In die Nuwe Testament is dit ʼn toevlugsoord vir Jesus en sy ouers tydens Herodes se kindermoord.
Vandag is Egipte, tsv hul eie onrus steeds volgens die VN se vlugtelingagentskap ʼn plek waar vlugtelinge ontvang word. Steeds ʼn toevlugsoord teen oorlog en geweld vir Soedanese, Somaliërs en vele ander.  Die situasie van die vlugtelinge is baie krities aangesien hulle soms geen maatskaplike beskerming geniet nie. Vanuit die geskiedenis van Egipte in die Bybel dink ons ná oor Christene se rol as ʼn “stroom in die woestyn” vir die bevolking wat werklik “droogte ondervind.”