{ARGIEF}

deur Carin Brink
getuienis1-apr14
Op Maandag, 25 Maart het ons weer ‘n skool aan die Weskus besoek met die Waardevol vir Jesus-projek. Die Laerskool Masiphathisane (1 047 leerlinge) is besoek met ‘n span van sewe, wat vyf gemeentes verteenwoordig het. Dis ‘n Xhosa- / Afrikaansmedium skool met een Afrikaanse klas en twee tot drie Xhosa-klasse in elke graad.
Die aanbieding is gedoen deur Landa Bester en Suzie Sadie (NGK Akkerdyk-gemeente) en Sonja van den Berg en past Mauritz van den Heever (West Coast Vineyard Church) vir die gr O – 3-klasse. Ds Kobus van Schalkwyk (VGK Xhosa-gemeente) het as tolk opgetree. Daarna is die poppies aan elke leerling uitgedeel met ‘n kort boodskap, ‘n noodnommer en gebed op ‘n boekmerk.
Die volgende aanbieding is gedoen vir die gr 4 – 7-klasse. Hier het past Jaco Meissenheimer (Baptist Church) in Mauritz se plek met die seuns gesels. Die pastoorsvrou van Karmel-gemeente, Sarien Steyn, het gehelp poppies uitdeel en vir ons foto’s geneem.
getuienis2-apr14Die kindergesiggies het geblink as hulle hoor dat hulle só kosbaar vir God is, dat selfs al die geld in die wêreld nie genoeg is om hulle te “koop” nie – al lê die hoop geld so groot soos Tafelberg! Die boodskap was dat God vir hulle ‘n droom het en dat hulle saam mag droom. God kán en wíl hul heelmaak as daar dinge met hulle gebeur het. Hulle mag “nee”sê. Hulle moet roep om hulp totdat iemand kom help. Die kinders word geleer dat hulle Jesus kan aanneem en Hom vra om hulle te beskerm. Hulle kan die keuse maak …
Ons dank God vir die voorreg om in kinders se lewens ‘n verskil te help maak; vir die Here se tasbare teenwoordigheid tydens die besoeke; vir mense wat bid, brei en finansieel ondersteun.
Mag Hy verheerlik word aan die Weskus. Kontak Landa Bester by lanbester@vodamail.co.za vir meer inligting.