{ARGIEF}

DURBANVILLE GEMEENTE
deur Paula Nieuwoudt
durbanvilleMoeder
In vertroue glo ek die Heilige Gees sal getrou wees en vroue stuur wat HY graag by ons laaste Vroue-aand van die jaar wil hê. Teen 18:50 is daar nog net 3 vroue …. En die sprekers het ook nog nie opgedaag nie.  Wat ‘n mislukking …
En tog, toe nie. 10 minute later is Antoinette en Mariëtte daar en meer as 20 vroue staan en klets in die skemer voor ons moet begin. Die helfte is bekende gesigte, ander is nuwe intrekkers of vriendinne wat saamgekom het om God te hoor saam met ander vroue.
Die Eva-gebed word aan ons voorgelees en ek besef dat ek uniek is – my vriendelike vreemdeling met wie ek gedagtes deel, vra my hoe ek hierdie uniekheid  gebruik? Ek word stil en besef dis hier waar ek ‘n verskil moet begin maak. Saam reis ons verder met Antoinette wat verduidelik hoe ons as vroue mekaar kan ondersteun en verantwoordelik hou om pligsgetrou saam met mekaar te wandel in God se Woord. Teen die einde van die aand was almal Vriendelike Vriendinne wat besef dat ons soveel meer kan wees, doen en voel as wat ons besef en dat ons dit nie alleen hoef te doen nie.