{ARGIEF}

God se droom – bome wat vrugte dra –

Riana Vosloo, Strand

Moontlike antwoorde vir Bybelstudie

1. Waar God beweeg, ontstaan lewe!

Soutwater word vars en skoon.

Waar alles dood was, ontstaan nuwe lewe – eetbare visse vul die meer tot voordeel van die mense.

2. Pragtige gesonde bome – mooi om na te kyk, lok jou.

Blare verlep nooit – gee koelte en rus dwarsdeur die jaar.

Vrugte sal nooit opraak nie – elke maand dra die bome vrugte.

Beskikbaar vir ander – mense sal elke dag kom vrugte pluk (voedsel).

Blare pluk as geneesmiddel.

3. Dra vrugte wat wys dat julle bekeer is. Elke boom wat nie vrugte dra nie, word uitgekap.

4.1 Efes. 4:25-32:

Moenie leuens vertel nie; praat die waarheid.

Moenie in kwaaivriendskap lewe nie.

Moenie steel nie; werk eerbaar en hard vir jou eie lewensonderhoud.

Geen vuil taal, nie vloek nie; slegs opbouende woorde.

Nie verbitterd, opvlieënd of woedend leef nie.

Wees hartlik en vol liefde teenoor mekaar.

Vergewe mekaar in Christus.

4.2 Gal. 5:6(b): Geloof wat deur liefde tot dade oorgaan.

4.3 Gal. 5:22-24: Vrugte van ‘n Geesvervulde lewe.

5. 1 Kor. 12:31; 1 Kor. 13:8; 1 Kor. 14:1; 1 Kor: 14:12;

1 Kor. 14:26

6. 1 Joh. 4:10, 12, 16. Die Boodskap: “God is LIEFDE. As daar dus liefde uit jou lewe straal, vertel dit hoe naby jy aan God leef.”

Hoe wonderlik om elke dag te weet en ervaar dat ons ‘n lewende, liefdevolle en wonderwerkende God aanbid en dien.

1. Watter kenmerk van God staan vir jou uit in verse 7-9?

2. Hoe verskil die vrugtebome wat op die walle van die rivier groei? (Vers 12)

3. God wil vrugte van bekering in elke kind van Hom se lewe sien.

4. Soek God se praktiese riglyne vir ons lewens in die volgende Skrifgedeeltes.

4.1 Efes. 4:25-32

4.2 Gal. 5:6(b)

4.3 Gal. 5:22-24

5. God gee ‘n rykdom van gawes aan sy kinders sodat ons MEKAAR daarmee kan dien in EEN groot, wonderlike liggaam hier op aarde – sy kerk! Wat is vir Hom die belangrikste?

6. Gaan LEEF en dra vrugte tot sy eer elke dag.