{ARGIEF}

deur Elmien Thorn
In die Paarl het ons twee geleenthede aangebied. Vrydagmiddag se byeenkoms is om 13:00 in die Toringkerk gehou en word bygewoon deur vroue wat in die middedorp van die Paarl woon en/of werk. Op die foto is Jeanne saam met enkele biduurgangers. In die agtergrond wapper die vlag van Egipte wie se dames verantwoordelik was vir die tema vanjaar.
paarl-apr14
Hier was dit weer so betekenisvol omdat Jeanne in die Toringkerk grootgeword het! Sy is hier gedoop en getroud. Haar oupa was ‘n ouderling op die eerste (stigters-) kerkraad van die gemeente.
Jeanne het, op haar besondere en innemende manier, vol humor én diepte, haar geselsie oor die mooi tema van 2014, “Strome water in die woestyn”  by die twee verskillende groepe aangepas sodat albei byeenkomste werklik geseënd was.
Ek het die besondere voorreg om predikantsvrou en orrelis van Toringkerk en Bybel- en musiekjuffrou by La Rochelle te wees. So ek reël die twee byeenkomste jaarliks.
Vrydagoggend by die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, was 500 dogters bymekaar. Die spreker was Jeanne Cillié (regs), en dit was vir ons baie spesiaal, omdat Jeanne oud-Larrie en oud-Larrie juffrou is! Die meisies het haar baie geniet.