{ARGIEF}

piketsdeur Marina Grobbelaar
Die Ring van Piketberg, bestaande uit agt gemeentes nl. Aurora, Eendekuil, Hopefield, Koringberg, Moorreesburg, Piketberg, Porterville en Redelinghuys het op 17 September 2013 ons jaarlikse Ringsbyeenkoms gehou.  Ons roteer dié byeenkoms tussen die verskillende gemeentes en dit was vanjaar Koringberg se beurt. Die ongeveer 150 vroue het natuurlik gesels en ou vriende gegroet soos net 150 vroue kán doen!!
Die vroue kon vanjaar stalletjies teen R20 “koop” en alle verkope was dan vir hul eie sak. Daar was produkte te kies en te keur. Bybelmedia het ook ‘n stalletjie gehad en daar kon op LIG-tydskrif ingeteken word teen ‘n baie spesiale prys.
Ons was baie bevoorreg om Adri-Louise van Reenen as spreker te hê. Op haar kenmerkende innemende manier het sy ons aangemoedig om met meer waardering op te tree teenoor elkeen wat ons pad kruis – van die vragmotorbestuurder wat lang tye van sy huis af is tot die vullisverwyderaar.
Tee en koffie, lekker beskuit en koekies en ‘n heerlike ligte ete het bygedra tot ‘n baie genoeglike oggend.