{ARGIEF}

deur Hilde Liebenberg
Ons het twee dames van die Alzheimers vereniging in Pretoria genooi om vir ons meer oor die toestand te kom vertel, asook die hantering van sulke pasiënte. Een van die positiewe uitkomste is om vir hulle iets te gee om hulle besig te hou, vandaar die Alzheimer voorskoot, of te wel die vroetelvoorskoot. Ons vroue het besluit om vroetelvoorskote te maak vir ons Alzheimer-pasiënte in ons plaaslike Ouetehuis, en vandaar die projek. Die voorskote moet aan ‘n paar vereistes voldoen – dit moet baie kreatief wees, baie kleurvol, verskillende teksture, aktiwiteite soos knope en knoopsgate, ritssluiters, velcro, veters ens, asook ’n sagte speelding en plek vir n foto’tjie in ’n plastieksakkie van die pasient se kinders of familie – en enige ander kreatiewe idees! Al ons kreatiewe naaldwerksters het ingespring en begin om die mooiste voorskote te maak. Met ons afsluitingsvergadering het ons die voorreg gehad om 16 vroetelvoorskote aan Herfsvreugde te oorhandig. Dit hou pasiënte baie ure lank stimulerend besig en maak hulle rustig.
bonnievale